handstroper
Mnr. Morris Masango, ’n werker op C&J Boerdery se plaas Welverdiend naby Middelburg in Mpumalanga, sny ryp sojas met ’n onkruidsnyer af ná dit te nat was op die plaas om konvensioneel te stroop. Mnr. Carel Opperman sê dié plan het vir hom 18 ton tot 19 ton sojabone gelewer wat andersins uit die peule sou spring en nutteloos op die grond sou val. “Ek het net besef dit is ’n klomp geld wat ek gaan verloor; ek het rekeninge om te betaal en kon nie die sojas net daar los nie.” Hy het 9 ha sojabone só laat sny, waarna hope daarvan gemaak is wat hulle toe op ’n sleepwa gelaai het, in windrye gegooi het en dit toe met die stroper gestroop het. Sien ook bit.ly/3H5j7TB. FOTO: CAREL OPPERMAN
Ondanks die droewige misdaad- syfers wat vroeg vandeesmaand bekend gemaak is, het die polisie die landelike veiligheidsberaad vir ’n tweede keer uitgestel. Dit is aanvanklik na einde vandeesmaand uitgestel.
“Dit is nou geskeduleer vir Augustus, maar die sewe komitees wat saam met die polisie die beraad belê het, is nie so seker dat dit dan sal plaasvind nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA.
Die Wes-Kaapse regering skat dat bouwerk aan die Clanwilliam-dam tot April 2027 kan duur weens probleme met verkrygings, berig Netwerk24.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.