Toe me. Magdel Nel vroeg vandeesmaand een oggend tydens haar oggendrondtes twee vierlinge in haar lamkampie aantref, was sy aangenaam verras. Toe sy later weer gaan inloer, besef sy dié ooi op die foto het nóg twee bokkies op pad.
Nel, wat met Boerbokke en beeste naby Graaff-Reinet boer, bestuur ’n lamhokstelsel tydens lamtyd om haar speenpersentasie op te stoot. Sy sê al tien die bokkies leef nog, maar van hulle word met die hand grootgemaak om die las op die ooie te verlig.
Boonop het nog een van haar ooie die vorige dag ’n vierling gehad, maar nie al daardie lammers het oorleef nie. Die twee ooie het voorheen nog net tweelinge gelewer. Hulle is vanjaar natuurlik gedek, maar is tydens ’n vorige siklus kunsmatig geïnsemineer.