AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Dieregesondheid, plaasveiligheid in kollig by Agri OK kongres

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Agri Oos-Kaap het verskeie oplossings vir probleme wat boere in die provinsie in die gesig staar, bekend gestel op die provinsie se jaarkongres.

Mnr. Günther Pretorius, ekonomiese bestuurder van Agri Oos-Kaap, het aangekondig dat ’n vrywillige naspeurbaarheidstelsel ingestel sal word wat versoenbaar en integreerbaar sal wees met die nasionale Lits-stelsel.

“Sonder naspeurbaarheid sal Suid-Afrikaanse produsente nooit hul kanale na Europese markte kan uitbrei nie. Daarvoor sal diere van die plaas tot die vurk nagespeur moet word, en die stelsel is ’n stap in die regte rigting.”

Pretorius het benadruk dat die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal ’n duidelike toonbeeld was van hoe Suid-Afrika se status geraak word wanneer diere se plek van oorsprong nie nagespeur kan word nie.

Ingevolge nuwe regulasies vir vee-agente wat vanjaar ingestel is, moet alle diere wat op veilings aangebied word, individueel identifiseerbaar wees. Die nuwe stelsel voldoen aan die nodige vereistes.

“Om diere te merk en te identifiseer deur middel van ’n naspeurbaarheidstelsel sal ’n eerste stap wees na ’n waardetoegevoegde proses wat uiteindelik lei tot vertroue by verbruikers.”

Agri Oos-Kaap en die Rooivleisprodusenteorgansiasie in die Oos-Kaap sal onder meer in ’n vennootskap met die maatskappy Allflex oorplaatjies beskikbaar stel aan boere teen ’n bepaalde koste. Die oorplaatjies het elkeen ’n unieke nommer wat aan ’n spesifieke dier gekoppel word. Ander maatskappye sal ook deel kan word van die stelsel, maar hulle sal meer betaal.

Die stelsel is versoenbaar met vele kuddebestuursprogramme. Die plaatjies sal op die stelsel gelaai word nadat boere hul bestellings by Agri Oos-Kaap ingedien het.

Boere het nie ’n skandeerder nodig om die plaatjies te gebruik nie, hoewel dit voordelig is vir groter boere. Die stelsel sal teen 30 Augustus beskikbaar wees.

Veiligheid

Ná die onluste in Julie in KwaZulu-Natal het Agri Oos-Kaap ingespring om die veiligheid van boere te verbeter. Dit sluit onder meer ’n selfoontoepassing met ’n paniekknoppie in. Alle geregistreerde lede wat op die toepassing ingeteken is, se nodige inligting sal op ’n databasis gehou word.

Danksy die paniekknoppie sal boere met noodgevalle georganiseerde hulp van buite kan inroep, wat deur ’n diensverskaffer, Casi, verskaf sal word. ’n Bykomende, fisieke paniekknoppie sal ook beskikbaar wees wanneer die toepassing nie voldoende is nie.

Casi bied landwye dekking, wat beteken lede sal reg oor Suid-Afrika gedek word as hulle reis.

“Ons glo dit is ’n belangrike stap om die veiligheid van boere en hul families te verseker,” sê mnr. Jason Kümm, Agri Oos-Kaap se bestuurder vir landelike veiligheid. “Ons verstaan dat boere op grondvlak georganiseer is en die boere weet wat om in noodgevalle te doen, en saam met hul bure en nabye gemeenskap het hulle reeds planne vir verskeie situasies.”

Die paniekknoppie sal verbind wees met ’n provinsiale beheerkamer. Die beheerkamer bied ’n oplossing vir moeiliker situasies en wanneer hulpbronne nie genoeg is nie, of om boere by te staan tydens noodgevalle.

Die beheerkamer sal vanuit Agri Oos-Kaap se kantoor bestuur word, en sal ook boere bystaan met ondersoeke nadat ’n voorval plaasgevind het.

Verhoudinge sal met belanghebbendes soos die verkeersdepartement, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, brandweer, rampbestuur, staatsdepartemente en verskeie plaaslike en distriksmunisipaliteite gebou word. Daarby sal die beheerkamer ook skakel met medici, sekuriteitsmaatskappye en regskenners.

Die koste van die beheerkamer sal deur die tariewe vir die paniektoepassing gedek word.

Hernubare energie

Agri Oos-Kaap ondersoek opsies om lede by te staan om betroubare verskaffers van hernubare energie te kies, en die nodige inligting aan boere te verskaf hoe om die proses aan te pak en die regte keuses te maak.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot