
Op 19 September was die oorverhaling vir 95 oktaan- en 93 oktaan-petrol onderskeidelik R1,19/liter en R1,09/liter, terwyl diesel ’n onderverhaling van tussen 24c/liter en 30c/liter gehad het. “Dit kan beteken dat dieselverbruikers weer in Oktober meer sal moet betaal. Daar was egter gunstige bewegings in die prys van internasionale dieselprodukte in die afgelope dae,” sê Maree.
Die grootste rede vir die oorverhaling vir petrol was die gunstige beweging in internasionale pryse. Die verswakking van die rand-dollar-wisselkoers het egter ’n demper hierop geplaas.
Gedurende die eerste twee weke van September was internasionale pryse die grootste rede vir diesel se onderverhaling, maar sedertdien het pryse ’n ommeswaai beleef. Die verswakking van die rand het ook hierop ’n demper geplaas.
“Ons kan as gevolg hiervan nog ’n verlaging in petrolpryse, maar ’n klein verhoging in dieselpryse verwag. Dit is goeie nuus vir die algemene verbruiker, maar minder goeie nuus vir boere wat tans voorberei vir die begin van die somerplantseisoen.”
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.