AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Dieseltekort ontwrig oesproses, bedreig voedselsekerheid

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die ongekende diefstal van brandstof deur goed georganiseerde misdaadsindikate en die beskadiging van pyplyne in die proses is klaarblyklik die grootste oorsaak vir die dieseltekort in die binneland wat die oesproses ontwrig en voedselsekerheid bedreig, sê dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van die landbousakekamer Agbiz.

Hy sê daar is gister (Woensdag 24 Junie) weer met die SA petroleumbedryfsvereniging (Sapia) oor die voortslepende tekort vergader en die beskadiging van die pyplyne is as die groot probleem uitgesonder.

“Die hoofpyplyn van Durban na Germiston is weer toe weens diefstal in die Van Reenenspas-omgewing. Skepe wat geraffineerde brandstof inbring, kan nie aflaai nie, want hul vragte word direk in die pyplyn ingepomp. Die beskikbaarheid in Durban is goed, maar die logistiek om die diesel per vragmotor of tenkwa uit die hawegebied te kry is ’n nagmerrie.”

Purchase sê hulle praat aanstaande week met mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oor die hawens en sal dan oor die pyplyn, wat aan Transnet behoort, ook praat.

“Blykbaar is die brandstofdepots en -pompstasies nasionale sleutelpunte, maar nie die pyplyn self nie. Iets drasties sal egter gedoen moet word om die pyplyn te beskerm.”

Agri SA, wat ook die vergadering met Sapia bygewoon het, vra die regering om dringend die voortslepende tekort te ondersoek. Mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende direkteur, sê sedert April vanjaar was daar reeds meer as 30 gevalle van diefstal uit die pyplyne, waartydens meer as 2 miljoen liter brandstof gesteel is. Daar is ’n ondergrondse netwerk van 3 800 km petroleum- en gaspyplyne en diewe rig groot skade aan.

“Dit het ook daartoe aanleiding gegee dat diesel met vragmotors vanaf ons hawens vervoer moet word, wat dan die koste verhoog. Boere wat tans produkte soos mielies, sitrus en ander gewasse oes, word veral ernstig benadeel weens die verhoging in koste en beperkte beskikbaarheid van diesel in sekere provinsies.”

Hy sê Agri SA gee terugvoer in die weeklikse gesprekke met Sapia oor voorraadtekorte wat sy lede ervaar. “Die situasie op die grond verskil van die prentjie wat dikwels geskilder word deur diegene wat verantwoordelik is vir die bestuur van dieselvoorsiening, naamlik dat daar genoeg diesel beskikbaar is. Boere sukkel om diesel te koop.”

Purchase sê die terugvoer wat Agbiz kry, is dat boere sukkel om diesel te kry ondanks die reëling met Sapia dat voorsiening aan die landbou voorkeur sal geniet. “Ons het depotname deurgegee wat sleutelpunte vir die landbou is. Dit lyk of die probleem nog ’n week of wat met ons gaan wees.”

Depots en rafinaderye

Hy sê daar is ’n redelike hoeveelheid diesel by die hoofdepot in Germiston vanwaar verskeie ander depots voorsien word, soos Langlaagte, Alrode en Muldersdrif. Die Heidelberg-terminaal en die depot by Kroonstad het glo ook redelik voorraad.

“Die Natref-raffinadery by Sasolburg het pas weer in bedryf gekom en sal teen vroeg volgende week normaal kan voorsien aan die depot by Klerksdorp waar voorraad baie laag is. Dit is tans die omgewing wat onder die grootste druk is en daar word verwag dat die situasie eers teen 5 Julie sal normaliseer.”

Nagmerrie

Mnr. Corné van der Walt van Agri Petroleum, ’n grootmaatverskaffer in Bothaville wat 90% van sy diesel aan boere verskaf, sê dit is elke dag ’n nagmerrie om diesel in die hande te kry. “Ons probeer die beskikbaarheid bestuur om ons boere te help, maar die situasie is nou die ergste wat dit nog was. Gelukkig het die stropery in ons gebied nog nie sy hoogtepunt bereik nie.”

Hy sê hy word van oral gebel vir diesel, maar moet voorkeur gee aan die boere in sy gebied. “My gevoel is dat die aanvanklike probleem ’n tekort aan diesel was, maar dat dit nou meer ’n logistieke probleem is. Die prysverhoging van bykans R2 per liter aanstaande Woensdag verhoog natuurlik ook die vraag by verbruikers.”

Prysverhoging

Oor die prysverhoging sê Purchase daar word bespiegel dat groot verspreiders diesel oppot met die oog op die prysverhoging. “Moontlik sien sekere operateurs ’n geleentheid daarin, maar as daar voldoende voorsiening en mededinging was, sou dit nie gebeur het nie.”

Intussen het die DA vir ’n dringende parlementêre debat in nasionale belang gevra oor die tekort en die voedselkrisis waartoe dit kan lei. Dit volg nadat die party vir terugvoer in die parlementêre portefeuljekomitee vir minerale hulpbronne en energie gevra het. Die komitee het egter gesê hy is tevrede met die departement se versekering dat dit ’n tydelike logistieke kwessie is en wil die saak eers op 19 Augustus bespreek.

Mnr. Kevin Mileham, die party se skaduminister vir minerale hulpbronne en energie, sê die departement se gerusstelling is heeltemal teenstrydig met die situasie. “Groothandelaars in verskeie provinsies sukkel al meer as ’n maand om diesel in die hande te kry en boere is ernstig bekommerd dat hulle nie voldoende diesel het om te kan stroop nie.”

Die voeteslepery oor die krisis sal verwoestende gevolge vir die land se voedselsekerheid inhou en daarom is dit van die grootste belang dat die kwessie in die parlement gedebatteer en haalbare oplossings gevind word “aangesien dit duidelik is dat mnr. Gwede Mantashe en sy department nie die krisis opgelos kry nie”.

Mileham glo die departement en die portefeuljekomitee is uit voeling met die werklikheid wat Suid-Afrikaners ondervind en hou hulle blind vir die probleem.

Om die brandstofdiefstal teen te werk het Agri SA en sy provinsiale affiliasies gister met die samewerking van Transnet ’n veldtog begin om boere aan te moedig om enige poging om die pyplyn te beskadig om diesel te steel, aan te meld.

Verdagte bedrywighede kan by die volgende nommers aangemeld word: 0800 203 843 of 031 361 1500, of SAPS Crime Stop op 08600 10111.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot