AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8425,4
196,40
CORN
28 Jan
-
3858
75,00
SOYA
28 Jan
-
8297
142,00
SUNS
28 Jan
-
9742
5,00
WEAT
28 Jan
-
5985
20,00
WMAZ
28 Jan
-
3650
57,00
YMAZ
28 Jan
-
3785
37,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Dink soos Rassie om SA se probleme te plettervat

akkreditasie
Mnr. Hendrik du Toit. Foto: Liza Bohlmann
Mnr. Hendrik du Toit. Foto: Liza Bohlmann
Die antwoord op Suid-Afrika se probleme is waarskynlik dieselfde een as wat Rassie Erasmus twee jaar gelede, toe die Springbokspan teen tweederangse spanne in leë stadions verloor het, vir homself gegee het: Stabiliseer die skip en bring dissipline.

“Sê net ‘Eskom, Eskom, Eskom’ was (prof.) Michael Katz, bekende prokureur, se raad aan my toe ek hom vra waaroor ek met die boere moet gaan gesels,” het mnr. Hendrik du Toit, mede- uitvoerende hoof van die Investec-groep, tydens die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium op Ceres gesê.

Hy meen ’n ekonomiese noodtoestand moet afgekondig word aangesien Suid-Afrika se makro-ekonomiese vooruitsigte nie goed lyk nie. Moeilike besluite moet geneem word oor die land se fiskale probleme, waarvan Eskom en salarisse aan staatsamptenare die belangrikste is.

“Ekonome noem dit trade offs. In die sakewêreld moet ons elke dag begroot, ‘nee’ sê, sny . . . Die regering was vir ’n ruk lank besluiteloos en leiers het meer in hul agtersakke belang gestel as om hul werk te doen.”

Die sogenoemde Zuma-era het Suid-Afrika sowat R150 miljard gekos. “Maar dis hopelik nou verby. Ons moet ons onmiddellike probleme oplos en hoë teikens stel. Kom ons wen die bal in die skrum, skop na hul kant toe, kom ons gaan stadig vorentoe en uiteindelik sal die Mapimpis en die Kolbes die drieë gaan druk. Ons moet egter voorlangs wen, soos Beast en Pieter-Steph dit vir ons gedoen het.”

Volgens Du Toit is daar drie dinge wat gedoen moet word om van die Suid-Afrikaanse ekonomie een uit die 21ste eeu te maak en beleggersvertroue terug te wen. Beleggersvertroue in Suid-Afrika is tans die laagste sedert die laat 1990’s.

“Ons moet die fiskale probleme oplos, korrupsie aanpak en dit goedkoper maak om besigheid in die land te doen.”

Om die probleme met Eskom te takel, moet moeilike besluite geneem word, en “16 000 (poste) sal opgeoffer moet word ter wille van 57 miljoen (burgers)”.

“Die regte leiers moet aangestel en bemagtig word om moeilike besluite uit te voer. Om Eskom in drie dele te opdeel gaan ’n baie lang proses wees waarvoor jy onverskrokke leiers met duidelike finansiële doelwitte en duidelike parameters nodig het.”

Mense moet ook besef daar word iets daadwerklik aan korrupsie gedoen, en nie net by kommissies daaroor gepraat nie.

“Ons moet die Steinhoff-diewe in die tronk sit en met mense in die openbare sektor plan maak. Dis hoekom ek so trots is om te sien hoe sommige mense in hul individuele kapasiteit begin het om probleme in die private sektor op te los, want ons kan nie net die vinger wys na die openbare sektor nie.” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.62
-1.0%
Rand - Pond
20.92
-1.0%
Rand - Euro
17.41
-0.9%
Rand - Aus dollar
10.91
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.1%
Goud
1,788.76
-0.5%
Silwer
22.39
-1.7%
Palladium
2,377.45
+0.1%
Platinum
1,011.39
-1.5%
Brent-ruolie
89.34
-0.7%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot