AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Dlamini-Zuma: Ramphulp ook vir wit boere

akkreditasie
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: GCIS
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. Foto: GCIS
Geen beleid van die regering verhinder wit boere om droogtehulp te kry nie, het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gesê.

Dlamini-Zuma en ander belanghebbendes het voor die parlement se gekose bewilligingskomitee verskyn om ’n blik te gee op die status van voedselsekerheid in Suid-Afrika.

Mnr. Yunus Carrim, ANC-LP, het haar uitgevra oor die aanname dat ’n beleid bestaan in die regering of departemente wat met landboukwessies belas is, wat boere op grond van hul ras uitsluit van staatsondersteuning soos droogtehulp en Covid-19-hulp. Hy het gesê die kwessie kom telkemale na vore. Hy het gesê dit is verstaanbaar dat opkomende boere, wat voor die pandemie reeds gesukkel het, meer hulp toegestaan moes word toe Covid-19-hulp aangebied is. Maar gevestigde boere kan nie verhinder word om toegang tot hulp te kry nie, want hulle verseker dat daar kos is en dien mense van alle kleur en klas.

Dlamini-Zuma het die versekering gegee dat wit boere nie uitgesluit word van staatshulp nie. “Daar is nie so ’n beleid nie. Die geld wat vir droogtehulp gegee is, het geen kleur op gehad nie. Dit was vir die mense wat geld nodig gehad het vir die droogte, of hulle nou wit of swart was.”

Droogtehulp sloer

’n Ander kwessie wat na vore gekom het, is dat hoewel droogtehulp aan die provinsies toegestaan is, het die geld boere nog nie bereik het nie.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het gesê die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat R12,4 miljoen van sy begroting bestee het. Sewe provinsies – die Vrystaat en Gauteng is die uitsonderings – het sedert Januarie om droogtehulp aansoek gedoen. Hulle het gevra vir nagenoeg R1,9 miljard se hulp en het slegs R139 miljoen gekry.

Die Oos-Kaap het R35 miljoen gekry, Kwazulu-Natal R4 miljoen, Limpopo R18,5 miljoen, Mpumalanga R12,5 miljoen, die Noord-Kaap R36 miljoen, Noordwes R8 miljoen en die Wes-Kaap R25 miljoen. Die Noord-Kaap is in Januarie tot droogterampgebied verklaar en in Februarie is ’n nasionale droogteramptoestand afgekondig.

Mnr. Willie Aucamp, DA-LP, het gesê sedert die afkondiging was daar steeds nie voldoende reënval in provinsies soos die Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap nie en dat hierdie gebiede weer tot rampgebiede verklaar moet word. In Julie is aangekondig dat die land nie meer as ’n droogterampgebied verklaar is nie.

Aucamp, wat van die Noord-Kaap is, het gesê R35 miljoen is vir die provinsie toegestaan vir droogtehulp, maar nog niks van die geld het boere bereik nie. Ook ontstellend is dat die nasionale rampbestuursentrum ’n begroting van R33,6 miljoen het om te bepaal wat die rampe in die land is, maar hiervan is slegs R260 000 teen 31 Julie bestee.

Dlamini-Zuma het gesê sy vind die lang proses frustrerend wat gevolg moet word voordat geld versprei kan word. ’n Manier moet gevind word om dit te verkort. Sy kan egter nie antwoorde bied op die geld wat nie bestee is nie, aangesien die provinsies die geld bestee wat die nasionale regering aan hulle toestaan. “Ek het nie geweet dat die geld in die Noord-Kaap nie bestee is nie. Dit was een van daardie droogtes waar daar baie druk was om die geld beskikbaar te maak en die geld is beskikbaar gestel.” Sy het onderneem om dit met dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, te bespreek.

OG Covid-verslag

Intussen het die ouditeur-generaal (OG), mnr. Kimi Makwetu, die eerste verslag oor die regering se besteding van die Covid-19-hulppakket uitgereik.

Hy het gesê dat die pakket van R500 miljard in ’n omgewing beskikbaar gestel is waar daar baie swakhede met die kontrole bestaan.

Die eerste verslag handel oor die besteding van R68,9 miljard (47%) van die hulppakket tot 31 Julie 2020.

Probleme is opgemerk by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se hulppakket aan kleinskaalse boere wat die vorm van koopbewyse vir produksie-insette aangeneem het. Teen 22 Julie was altesaam 14 589 aansoeke vir koopbewyse ter waarde van R517 miljoen goedgekeur en 13 662 was reeds versprei.

Die oudit het gevind dat daar onvoldoende rekordhouding en rekonsiliasie van die goedkeuring, verspreiding en opeis van die koopbewyse was. Dit verhoog die risiko vir onbetroubare verslagdoening deur die departement en ook foute en bedrog.

Die OG het sy kommer geopper oor die onvoldoende en onregverdige proses wat die departement gevolg het met die kies van verskaffers waar die koopbewyse gebruik moes word en begunstigdes wat nie vir koopbewyse in aanmerking moes kom nie. Die departement ondersoek hierdie kwessies, het Makwetu gesê.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot