AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Drankbedryf kry reddingsboei

akkreditasie
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Hoewel pres. Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het dat Suid-Afrika steeds op vlak 3 van inperking gaan bly, word die verkoop van alkohol weer toegelaat.

Die verbod op die verkoop van alkohol het op 28 Desember in werking getree.

Ramaphosa het bekend gemaak dat die aandklokreël voortaan van 23:00 tot 04:00 sal geld en dat kuierplekke, soos restaurante, teen 22:00 sal moet sluit sodat hul klante en personeel teen 23:00 tuis kan wees.

Die opheffing van die drankverbod is ’n groot verligting vir die drankbedryf, wat reeds erg in die verknorsing is. Alkohol mag nou weer van Maandag tot Donderdag van 10:00 tot 18:00 verkoop word. Belastingvrye winkels, geregistreerde wynkelders, wynplase, mikro-brouerye en mikro-distilleerders sal alkohol vir wegneem kan verkoop gedurende hul normale gelisensieerde ure.

Plekke soos restaurante en tavernes sal weer regdeur die week van 10:00 tot 22:00 drank mag verkoop.

“Hierdie veranderings is moontlik gemaak deur die beduidende vermindering in die Covid-19-hospitaalopnames reg oor alle provinsies wat die druk op (die beskikbaarheid van) beddens en hospitaalpersoneel verminder het,” het Ramaphosa gesê.

Hy het Suid-Afrikaners versoek om verantwoordelike drinkgewoontes toe te pas sodat die land nie ’n toename in traumagevalle of toenemende besmettings weens roekelose gedrag ervaar nie.

Ander regulasies wat verslap is, is dat geloofsamekomste weer toegelaat sal word, maar daar moet gehoor gegee word aan sekere beperkings vir samekomste. Vir binnenshuise samekomste mag nie meer as 50 mense toegelaat word nie en buite nie meer as 100 mense nie. As die plek nie groot genoeg is om voldoende afstand tussen mense toe te laat nie, mag slegs 40% van die kapasiteit gevul word.

Openbare plekke soos strande, damme, riviere, parke en openbare swembaddens is weer oop vir gebruik deur die publiek. Gesondheidsreëls, soos die toepassing van persoonlike afstand, sal ook hier geld.

Ramaphosa het benadruk dat met die verslapping van die beperkinge elke individu meer verantwoordelikheid moet aanvaar om hulself en ander veilig te hou van die verspreiding van die virus. Die dra van ’n gesigmasker bly verpligtend in die openbaar.

Die nuwe regulasies, soos dit in die Staatskoerant gepubliseer is, is hier beskikbaar. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.3%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot