AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Drankverbod se gevolge kring wyd uit

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Die drankverbod wat sedert 28 Desember 2020 in Suid-Afrika geld, raak produsente en werknemers in verskeie bedrywe in die land en dit bedreig die voortbestaan van almal wat in die bedrywe betrokke is.

Graan SA sê luidens ’n verklaring dit het ’n impak op produsente van onder meer moutgars. Die oorskot wat tans bestaan, is die gevolg van die vorige drankverbod en ’n goeie oes. Weens die oorskot het koopmandate in sekere streke aansienlik afgeneem. Ander produkte wat gebruik word om alkohol te vervaardig, is onder meer moutsorghum, mielies, aartappels en druiwe.

Volgens die organisasie is die stelsel onder druk, met die opeenhoping van gewasse waarvan sommige nie vir lang tydperke opgeberg kan word nie en waarvoor daar ook nie uitvoermoontlikhede bestaan nie. Die situasie het ingrypende finansiële en ekologiese gevolge.

“Die verdere verbod op drank beïnvloed ook kleinskaalse produsente wat deur verskillende maatskappye in verskillende programme ondersteun word,” sê Graan SA. “Nie net sal produsente se toegang tot markte nou verminder word as gevolg van oorskotte nie, maar die risiko’s dat ondersteuning opgeskort sal word weens maatskappye se finansiële verliese, is nou ’n werklikheid.”

Beperkte keuses

Moutgars is ’n belangrike gewas in die wintergraanproduksiegebied waar produsente beperkte gewaskeuses het. Die organisasie verwag dat die huidige stand van sake in die komende seisoen aansienlik minder aanplantings tot gevolg sal hê.

“Dit raak produsente regstreeks ten opsigte van finansieringsprofiele, wisselboustelsels en die bestuur van ekostelsels. Die resultaat is beduidende finansiële druk op ’n gebied wat die afgelope paar seisoene reeds baie druk ervaar het weens droogtes en waar landbouskuld op hoë vlakke is.”

Volgens Graan SA kan die situasie beduidende langtermyngevolge hê. “Die garsbedryf het groot geleenthede om uit te brei en verdere landbouverwerkingsgeleenthede en werk te skep, maar gegewe die huidige omstandighede word beleggings ontmoedig, wat ’n langtermyn-impak op die volhoubaarheid van die bedryf het.”

Die organisasie erken dat alles gedoen moet word om die land veilig te hou en druk op die gesondheidstelsel te verminder tydens die Covid-19-pandemie. Dit moet egter ook in gedagte gehou word dat die drankverbod ’n hele waardeketting beïnvloed wat diegene wat afhanklik is van die bedryf vir hul lewensonderhoud regstreeks raak.

Graan SA merk op dat in mededingende lande waar weens die pandemie soortgelyke besluite geneem is, word aansienlike steun aan die betrokke landbousektore gebied. “Die vraag, nou en tydens droogtes, word steeds geopper: Hoe sal plaaslike produsente ondersteun word as gevolg van hierdie verbod en is die gevolge van hierdie besluit nagevors? Die huidige scenario wek groot kommer onder produsente aangesien enkelkopermarkte nou verdwyn, en die landbousektor daaronder ly.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
wil lag en die lewe geniet
EK WERK HARD LIEF VIR MENSE HOU VAN DIE BUITELEWE IS GESOND HOU VAN KAMP LEES BAIE EK HAAT LUI MENSE
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot