AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Drankverbod: Vinpro ‘uiters teleurgesteld’ oor uitstel van hofstryd

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die wynprodusenteliggaam Vinpro se regsgeding teen die Suid-Afrikaanse nasionale regering, waarvolgens hulle spesifieke aspekte van die besluitneming rondom die verbod op drankverkope betwis, is tot Augustus uitgestel.

Die saak sou vandag en môre in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Luidens ’n verklaring kon die hofsaak nie voortgaan nie omdat die regering sy verklarings laat ingedien het en meer as 1 000 bladsye uit die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) se hofsaak oor die drankverbod by Vinpro se saak wil insluit. Dit kon nie hanteer word binne die beperkte tyd wat vir Vinpro se hofsaak beskikbaar gestel is nie.

“Ons is uiters teleurgesteld deur die uitstel van die hofsaak. Die laat indiening en insluiting van bykomende beëdigde verklarings wat nie verband hou met die kern van Vinpro se regsgeding nie, het noodgedwonge tot die uitstel gelei,” sê mnr. Rico Basson, bestuurshoof van Vinpro.

“Omdat die saak uitgestel word, moes nuwe beskikbare datums gevind word vir die regspanne en regters wat aan die saak toegewys is. Die regering word deur drie spanne advokate verteenwoordig en ’n vroeëre datum wat vir al die advokate geskik is, kon nie gevind word nie.

“Vinpro het uit die staanspoor beswaar gemaak teen die groot aantal advokate wat die regering verteenwoordig. Dit is inderdaad ironies dat die regering vir soveel regsverteenwoordigers betaal terwyl hy in die hofstukke sê hy beskik nie oor genoeg hulpbronne om inperkingsmaatreëls meer doelgerig toe te pas nie, soos om padversperrings te beman en ’n verbod op verkope slegs in brandpuntgebiede in te stel.”

Vinpro voer in die hofsaak onder meer aan die verkeerde regeringsvlak (nasionale teenoor provinsiaal) het tot dusver besluitneming rondom die kleinhandelverkope van drank gedurende die ramptoestand behartig en dat die instel van meer as een landwye drankverbod “oormatig, onnodig, ongeregverdig en inderdaad teenproduktief was”.

“Die regering voer veral aan dat hy die Wes-Kaap of ander provinsies nie van ’n toekomstige drankverbod kan vrystel nie – selfs al is daar meer as genoeg beskikbare hospitaalbeddens – omdat die regering nie oor die hulpbronne beskik om padversperrings op te stel om te voorkom dat drank na ander provinsies vervoer word nie,” sê Basson.

Vinpro se regspan sal die bykomende tyd gebruik om sy reagerende verklarings af te handel en sy argument voor te berei. Daar is ook met die regsverteenwoordigers vir die regering ooreengekom dat onverwante en irrelevante dele van die SAB-dokumente wat die regering geprobeer het om ter verwysing in te sluit, by Vinpro se hofsaak uitgesluit sal word.

Nog ’n drankverbod?

Volgens Basson sal Vinpro sy reg uitoefen om dringende tussentydse regshulp van die Kaapse hooggeregshof te versoek indien ’n verdere drankverbod voor die hofdatum ingestel word. Hy sal ook versoek dat toestemming aan die Wes-Kaapse premier verleen word om van nasionale regulasies af te wyk en die verkoop van drank vir binne- en buiteverbruik in die provinsie toe te laat. “Uiteindelik sal soortgelyke verligting ten opsigte van ander provinsies versoek word.”

Basson sê die plaaslike wynbedryf gaan steeds onder ernstige finansiële druk gebuk weens die afgelope jaar se drankverbod en verskeie ander struikelblokke, soos hoë voorraadvlakke en logistieke probleme by hawens wat uitvoer belemmer, terwyl hy stygende insetkoste moet oorkom. “Heelparty ondernemings moes sluit, wat tot werkverliese gelei en ernstige nagevolge ingehou het vir die hardwerkende mans en vroue wat vir hul lewensbestaan van die bedryf afhanklik is.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.1%
Rand - Pond
22.31
-0.0%
Rand - Euro
19.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
967.38
+0.8%
Palladium
1,444.13
+1.9%
Goud
1,961.42
-0.2%
Silwer
23.39
+0.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
70,865
0.0%
Alle aandele
76,480
0.0%
Hulpbronne 10
66,658
0.0%
Industriële 25
103,311
0.0%
Finansiële 15
15,614
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot