AFGRI
BEAN
07 Jun
-
8650
-29,00
CORN
07 Jun
-
4626
4,00
SOYA
07 Jun
-
7665
-71,00
SUNS
07 Jun
-
8480
-55,00
WEAT
07 Jun
-
6596
-30,00
WMAZ
07 Jun
-
3930
-41,00
YMAZ
07 Jun
-
3800
-44,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Drie dinge wat boere moet weet oor wêreldekonomie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Prof. Johan Willemse Foto: Vida Booysen
Prof. Johan Willemse Foto: Vida Booysen
Dis nie net die Suid-Afrikaanse ekonomie wat in die moeilikheid is nie. Wêreldwyd word groot ekonomiese probleme tans getrotseer, sê prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom en rubriekskrywer van Landbouweekblad.

Hy het boere op sy markinligtingsdag in Bloemfontein gemaan om nie net in Suid-Afrika se probleme vas te kyk nie, want dít wat nou in die internasionale ekonomie en geopolitiek gebeur, skep onstabiliteit en kan boerderybesluite vorentoe beïnvloed.

“Kwessies soos wanneer die optimale tyd is om nuwe masjinerie te koop, te midde van ’n randverswakking en stygende rentekoerse, kan binnekort ’n groot debat word. Want as ons nie ou toerusting vervang nie, bly ons agter.”

Hy het drie neigings uitgelig wat die internasionale en plaaslike ekonomiese vooruitsigte tans knou.

  1. Groei het momentum verloor

Hoër inflasie het oor baie lande en produkte heen uitgebrei en dit bly hardnekkig hoog. Dit skep die risiko dat ekonomiese groei vanjaar eerder verder gaan daal as styg, het Willemse gesê. Daarby kan tekorte aan energievoorraad pryse verder opstoot. Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan volgens die Internasionale Monetêre Fonds se jongste voorpelling slegs met 0,1% in 2023 groei.

Die probleem vir veral vleisprodusente is dat lae ekonomiese groei beteken verbruikers draai hul sente twee keer om. “As die ekonomie groei en mense het geld, dan koop hulle steaks, maar nou is besteebare inkomste baie min.”

Daarby leef veeboere veral in die intensiewe veebedryf reeds swaar weens hoë insetkoste. Hoewel sulke prysstygings siklies van aard is, is daar die afgelope paar jaar deurlopende prysdruk op die bedryf.

  1. Rentekoerse: draaipunt lê nog voor

Ondanks een van die grootste bankkrisisse in dekades in Amerika het die federale reserweraad op 22 Maart sy rentekoers weer met 25 basispunte verhoog. Jerome Powell, voorsitter van die raad, het gesê in dié stadium is daar nie sprake van enige verlaging nie.

In teorie is die medisyne teen hoë inflasie om rentekoerse te verhoog, het Willemse verduidelik. “Maar hierdie model werk op die oomblik nie so lekker nie, want dit verhoog ook die finansiële kwesbaarheid van banke.” Die bankkrisis word onder meer veroorsaak deur die skerp styging in rentekoerse die afgelope twee jaar ná rekordlae vlakke tydens die covid-19-pandemie.

Die gevolge kring selfs tot in die Suid-Afrikaanse landbou uit, het Willemse uitgewys. Hy het verwys na hoë rentekoerse as “die boere-bankrotmaker” en gesê die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal waarskynlik geen ander keuse hê nie as om op 30 Maart sy prima uitleenkoers ook nog ’n keer te verhoog nie, om te keer dat buitelandse beleggers hul geld onttrek en belê waar dit ’n beter opbrengs kan behaal.

Maar daar is lig aan die einde van dié tonnel. “Dit lyk tog vir my asof ons naby aan die spits van rentekoersverhogings kom. As dit nóg verhoog, gaan ons wêreldwyd in die moeilikheid wees.”

Die rand se huidige swakte is dollarverwant, het Willemse gesê. “Op die oomblik verswak die dollar, want beleggers is bang vir die bankkrisis. Ek kan moeilik sien dat die rand binnekort sal terugkeer na R17/$ gegewe al die moeilkheid in die wêreld.”

  1. Geopolitieke spanning neem toe

Sedert die covid-19-pandemie en die oorlog in Oekraïne neem geopolitieke konflik toe. In die proses word nuwe handels- en ekonomiese blokke geskep. “Dit word nou Amerika en die Weste teen Rusland en China. Deglobalisasie het die neiging geword, met lande wat eerder inwaarts as uitwaarts kyk.”

Willemse sê die Brics-lande (Brasilië, Indië, China, Rusland en Suid-Afrika) is besig om te werk aan ’n eie geldstelsel om die dollar te troef. “Dit gaan nie oornag gebeur nie, maar dit is die rigting waarheen hulle beweeg. Hoe dit oor tyd sal uitspeel, moet ons nog sien.”

Suid-Afrika skaar homself ideologies by Brics en sy alliansie met Rusland en China. Maar met tot 50% van Suid-Afrikaanse landbou se inkomste wat van uitvoer verkry word, is die vraag of Suid-Afrika die regte handelsvennote gekies het in China en Rusland. “Die implikasies hiervan moet deurdink word. Veral die Agoa-voorkeurhandelsooreenkoms waarvolgens sekere Suid-Afrikaanse landbouprodukte tariefvry na Amerika uitgevoer word, is in gevaar.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.17
+0.2%
Rand - Pond
23.81
+0.2%
Rand - Euro
20.48
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.80
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,038.12
+1.2%
Palladium
1,413.68
+0.4%
Goud
1,959.50
-0.2%
Silwer
23.47
-0.6%
Brent-ruolie
76.29
-0.6%
Top-40
71,760
+0.2%
Alle aandele
76,983
+0.2%
Hulpbronne 10
70,014
+0.7%
Industriële 25
103,827
-0.1%
Finansiële 15
15,185
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en alleen,soek n geskikte pasmaat
Ek is n hardwerkende, opregte en Godsdienstige persoon. Wil graag n opregte en eerlike dame ontmoet wat in my belangstellings deel en die lewe meer interresant maak.
Wil net gelukkig wees en altyd lag
Ek hou van mense en lekker kuier. Daar is min dinge in die lewe waarvan ek nie hou nie maar geen kaansvatters nie. Eks n plain jane. Geniet die lewe en kan lekker lag. Eks...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot