
Drie vermeende plaasaanvallers is vasgetrek en die polisie weet wie hulle twee makkers was wat Sondagoggend op 'n plaas in die Bulgerivier-omgewing naby Lephalale toegeslaan en 'n bejaarde egpaar aangerand en beroof het.
Twee groepe spoorsnyspesialiste en twee private helikopters het die polisie gehelp om die verdagtes kort ná die voorval agterna te sit terwyl die Bulgerivier-plaaswag toegangsroetes na en van die omgewing vir verkeer versper het.
Die vyf rowers was op die vlug met geld, wapens en 'n skootrekenaar wat hulle tydens die rooftog gebuit het. Die goedere is teruggekry toe die drie later die dag in hegtenis geneem is. Polisie hoop om die twee wat weggekom, het spoedig aan te keer.