AFGRI
BEAN
26 Me
-
9774
78,00
CORN
26 Me
-
4526,4
41,40
SOYA
26 Me
-
9226
149,00
SUNS
26 Me
-
11025
155,00
WEAT
26 Me
-
7546
-20,00
WMAZ
26 Me
-
4555
43,00
YMAZ
26 Me
-
4653
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Droogte: Help boere sonder om te diskrimineer, versoek TLU SA

akkreditasie
Die Boesmanland beleef die ergste droogte in sy kommersiële boerdery­geskiedenis. 
FOTO: GIDEON BASSON
Die Boesmanland beleef die ergste droogte in sy kommersiële boerdery­geskiedenis. FOTO: GIDEON BASSON
Aangesien die voortslepende droogte nie diskrimineer oor watter boere se weiding verdwyn en water opdroog nie, moet die regering ook nie diskrimineer met droogtehulp nie.

Dié versoek is die doelwit van ’n nuwe veldtog wat vandag deur TLU SA bekend gestel is. Die veldtog word ook gebruik om TLU SA se droogtefonds, wat reeds uitgeput is, aan te vul.

Mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA, sê die situasie is in gebiede soos Fraserburg in die Karoo (Noord-Kaap) reeds by kritiek verby. “Van Graaff-Reinet, Murraysburg en Aberdeen kry ons boodskappe wat smeek om weiding vir beeste, skape en bokke. Daar is so te sê geen weiding in die veld oor nie.”

TLU SA tree as middelman op om verskaffers in die waardeketting te vra om die risiko – veral in droogtetye – te versprei sodat die boere die mas kan opkom. TLU SA verskaf ook geld aan onder meer koöperasies om droogtevoer regstreeks aan boere te verskaf sodat daar nie geld aan vervoer bestee hoef te word nie. Plaaslike boere-unies onder TLU SA se vaandel span kragte saam om voer en kos aan boeregemeenskappe te lewer.

“Die naweek het ons by Williston in die Noord-Kaap gesien hoe boere kilometers ver staan en wag om voer en kos wat vir hul gesinne en werkers geskenk is, te ontvang,” sê Meintjes. “Groot boere staan en huil van dankbaarheid en mismoedigheid. Ons sal aanhou help soos wat ons kan, maar ons het hulp van buite die tradisionele landboustrukture nodig.

“Ons verneem elke dag persoonlik hoe verskriklik swaar dit met ons boere gaan – sommige boere is so moedeloos dat hulle hul eie lewe neem. Die droogte dwing boere om hul brandmaer vee te slag omdat hulle nie meer vir hulle voer het nie en die diere ly.”

Meintjes vertel saaiboere sit met opgehoopte skuld, terwyl finansiers in hul nekke blaas omdat hulle in sekere streke die afgelope vyf jaar geen noemenswaardige oeste kon maak nie. “Werktuie moet verkoop word om net aan die lewe te bly. Maar steeds word daar nie rampgebiede verklaar nie en word droogtehulp net selektief, meestal aan opkomende boere, gebied. Dit is onaanvaarbaar en wreed.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.72
+0.1%
Rand - Pond
19.81
-0.1%
Rand - Euro
16.87
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,851.82
-0.1%
Silwer
22.01
+0.1%
Palladium
2,021.00
+0.6%
Platinum
950.50
+0.3%
Brent-ruolie
114.03
+0.4%
Top-40
63,019
+2.9%
Alle aandele
69,484
+2.7%
Hulpbronne 10
76,495
+2.7%
Industriële 25
75,125
+3.3%
Finansiële 15
15,846
+2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Kom bou n toekoms saam
Ek geniet die natuur - bosveld en see. Slaap en stil sit is vir die ou dag - vir nou geniet ek die lewe wat aan my geleen is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot