
Omnia se landbou-afdeling se bedryfswins het in die ses maande tot 30 September met 35,8% tot R102 miljoen gedaal weens onder meer laer marges, hoër uitgawes weens probleme by ’n salpetersuuraanleg, en hoër jaareinde-voorraadwaardes.
Die gemiddelde ammoniak-tot-ureumprysverhouding het ongunstig gebly, maar ná die tydperk verbeter, wat voordele kan inhou vir die volgende boekjaar.
Die groep sê in ’n verklaring sy inkomste het met 2,5% tot R7,9 miljard gestyg, maar sy wins het met 22,1% tot R258 miljoen gedaal.