AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Droogte: Natalse boer skenk 70 ton ‘poeding’ vir Gamoep

akkreditasie
SA Water Warriors beplan om nog 'n uitreik na Gamoep op 29 Augustus te onderneem.
SA Water Warriors beplan om nog 'n uitreik na Gamoep op 29 Augustus te onderneem.
Mnre. Gerrie en Frits Nel, wat naby Kokstad in Suid-Natal boer, het hul hande en harte onlangs vir die boeregemeenskap in die droogtegeteisterde Gamoep oopgemaak met ’n skenking van 70 ton voer.

Mnr. Pieter du Plessis van SA Water Warriors sê nadat Gerrie hulle gekontak het om 35 ton sonneblomsaad vir die boere in Gamoep, ’n dorp halfpad tussen Springbok en Kliprant, aan te bied, moes hulle begin planne beraam vir die vervoer daarvan.

Mnr. Gerrie Nel, 'n boer van Kokstad in Suid-Natal
Mnr. Gerrie Nel, 'n boer van Kokstad in Suid-Natal, het nie net 35 ton sonneblomsaad nie, maar ook 35 ton mielies geskenk.

“Ek het weer met hom kontak gemaak om vir hom te vra om vir ons net kans te gee aangesien sy skenking basies van die ooste van die land na die weste vervoer moet word. Hy het toe vir my gesê as ek ’n vragmotor daarvoor kan kry, sal hy ’n vrag mielies ook skenk,” vertel hy.

“My mond het oopgehang. Ek het nie geweet hoe om vir hom dankie te sê nie, want 35 ton sonneblomsaad en daarby 35 ton mielies is ’n massiewe skenking.”

Daar kon toe ’n ooreenkoms met twee vragmotorbestuurders bereik word om teen ’n verminderde bedrag die skenking na Gamoep te vervoer. Dié bestuurders kon nie glo in watter slegte toestand die omgewing in Gamoep is nie. “Die bestuurder was erg ontstig. Hulle het vir ons gesê daar is níks nie.”

Du Plessis sê die boere in die gemeenskap was oorstelp van vreugde toe die skenking sy bestemming bereik. “Een van die vroue wat daar was, het vir ons ’n boodskap gestuur en gesê die voer gaan soos poeding vir die diere wees.”

Só lyk die omgewing in Gamoep ná jare se droogte.
Só lyk die omgewing in Gamoep ná jare se droogte.
Só lyk die omgewing in Gamoep ná jare se droogte.
Só lyk die omgewing in Gamoep ná jare se droogte.

SA Water Warriors beoog nog ’n uitreik na Gamoep op 29 Augustus. “Verlede naweek se uitreik het ons rekening redelik getap. Ons sit nou weer met ’n penarie om alles bymekaar te kry vir die volgende uitreik, maar ons sal enige voerskenkings by die boere van Gamoep kry, maak nie saak waar in die land dit vandaan kom nie.”

Om dit te kan doen, is hulle egter afhanklik van geld om vir die vervoer daarvan te betaal aangesien hulle boere nie ’n sent vra vir die voer nie. “Ons doen ’n beroep op boere en ander lede van die publiek om enigiets wat hulle kan, hetsy voer, kruideniersware of water, te skenk. Die boere in Gamoep het werklik niks nie.”

Kontak mnr. Pieter du Plessis by 076 844 6435 of besoek SA Water Warriors se Facebook-blad vir nog inligting oor hoe skenkings gemaak kan word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.14
+0.9%
Rand - Pond
21.52
+0.2%
Rand - Euro
18.20
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,793.80
+0.0%
Silwer
23.39
+1.0%
Palladium
1,797.11
+2.6%
Platinum
964.14
+0.9%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na nuwe vriende
Reguit en eerlik en plat op die aarde. Hou van buite lewe en tyd saam kinders. Wat j sien is wat j kry.
Kom ons kyk wat hou die toekoms in
Ek is n Opregte, eerllike en baie nekiese persoon, wat graag weer my geluk wil deel met n maat en so sal ons sien wat hou die toekoms in.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot