AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Droogte: Rugby-ondersteuningsgroep gaan van krag tot krag

akkreditasie
Bale word op Laingsburg afgelewer. Foto: Verskaf
Bale word op Laingsburg afgelewer. Foto: Verskaf
Die Rugby-ondersteuningsgroep waarby talle rugbylegendes betrokke is om ’n omvattende droogtehulpprogram aan boere en werkers in die Karoo te bedryf, is besig om groot momentum te kry, sê prof. Manie Spamer, die stukrag agter die groep en bekende in die rugbywêreld.

Benewens Spamer, oudafrigter van die gewese Wes-Transvaalse span wat ook voorheen baie betrokke by Springbokafrigting was en nou by Laingsburg boer, is oud-Springbokke soos Kobus Wiese, Deon Oosthuysen en Chris Rossouw ook betrokke. Nou het nog bekendes in rugbykringe ook toegetree, naamlik mnre. Dan van den Heever, gewese fiksheidheidsdeskundige en biogenetikus vir die Blou Bulle en die Noord-Vrystaat, en Japie Nel, senter vir Noord-Vrystaat.

’n Ander rugbybekende wat sedert die begin betrokke is, is dr. Eugene Hare, uitvoerende hoof van die Blou Bulle-rugby se amateur- en skole-afdeling.

Toonaangewende boere en bekendes in landbou is ook reeds betrokke by die projek, waaronder mnre. Rossouw Cillié van Ceres, en Thinus van Zyl, uitvoerende hoof van Agri Gauteng. Talle ander het intussen bygekom.

Spamer vertel: “Vandat ek nege maande gelede betrokke geraak het met grootskaalse hulp aan Karooboere en hul werkers, het ek ook kennis gemaak met me. Christa Mans van Laingsburg. Sy doen ongelooflike werk vir die organisasie Boere met Hoop, veral deur die verkryging en organisering van voer wat bestaan uit skenkings en deur voer teen verlaagde pryse aan te koop. Sy het ’n uitstekende netwerk van mense opgebou wat wil help met skenkings. Ons Rugby-ondersteuningsgroep gebruik haar kennis en ervarings mildelik om die logistiek rondom die uitdeel van voer te bedryf. Sy is ’n ystervrou. Hoewel sy en haar man ook hard geslaan word deur die droogte, help sy eerder ander boere as om in moedeloosheid te verval.”

laingsburg rugby droogtehulp
Boere besig om bale op te laai. Foto: Verskaf
laingsburg rugby droogtehulp
Mnr. Dan van den Heever (middel), saam met die twee drywers, mnre. Petrus Mmaleadi en Giel Slabbert, wat van die vragte voer op Laingsburg afgelewer het. Foto: Verskaf

Ds. Mias Nortier van die NG kerk Laingsburg is ook betrokke. “Die kerk identifiseer die behoefte, waarna kospakkies by koördineerders in die distrik afgelaai word waar boere en hulle werkers dit kom oplaai,” sê Spamer. Sulke aflewerings word gedoen in die Onder-Buffelsrivierarea, die Swartberge, asook in dele van die Koup en Bo-Buffelsrivier.

Toe Spamer ná 40 jaar in die akademie in 2019 afgetree en na sy plaas by Laingsburg verhuis het, het hy gesien daardie deel van die Karoo gaan jare al gebuk onder ’n knellende droogte, en jong boere verlaat plase in die streek op groot skaal. “Gevestigde boere se reserwes is op, skape vrek op groot skaal en plaaswerkers moet afgelê word omdat boere hulle nie meer kan betaal nie. Boere wat soos kinders huil as hulle hul skape moet keelaf sny, het my geruk – die hartseer, moedeloosheid, die moed opgee – maar ook die immer teenwoordigheid van hoop. Daaruit is hierdie projek gebore.”

Hy sê die projek is besig om aansienlik uit te brei, en daar word gehoop om al hoe meer boere in die drooggeteisterde Karoo te help om aan te gaan met hul boerderye deur veevoer en kospakkies waar nodig te voorsien. Al hoe meer bekendes uit rugbykringe word ook ingetrek, terwyl verskeie ander reeds belang stel om deel te neem.

Navrae: Prof. Manie Spamer, epos: manie.spamer@gmail.com, tel. 082 373 4333.

Sien die artikel “Rugbybekendes span saam teen droogte”, (LBW, 17 Desember 2020, bl. 34) vir nog besonderhede oor die projek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot