AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Droogte: Varsproduk-prysverrassings verwag

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Suid-Afrika se varsproduktemarkte én verbruikers kan in die komende maande weens die droogte verrassings ten opsigte van varsprodukpryse verwag.

Volgens FNB se jongste weeklikse landboumarkverslag het die prys van uie verlede week met 128,4% gestyg, vergeleke met dieselfde periode verlede jaar. Die gemiddelde prys van R5,73 per kilogram uie was 1,7% hoër as twee weke gelede se pryse. 

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB, sê verlede week se aanbod van uie het op ’n weekgrondslag met 11,8% gedaal, vergeleke met twee weke gelede. Verlede week se gemiddelde verkope van 6,46 ton is wel 2,2% hoër, vergeleke met verkope tydens dieselfde periode verlede jaar. “Die versterking van uie se pryse kan op die medium termyn voortduur weens die verlaging in voorraad, wat ’n gevolg is van die droogte in die Kaapprovinsies,” sê Makube. 

Die prys van tamaties het verlede week skerp gestyg weens ’n aansienlike daling in aanbod. Volgens Makube het tamatiepryse met 34,3% tot R7,89 per kg gestyg. Dié prys is egter 4,6% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Sowat 3,3 ton tamaties is verlede week verkoop, wat 26,4% meer is as die hoeveelheid wat twee weke gelede verkoop is. Makube verwag dat tamatiepryse in komende weke sal begin daal namate voorraad aangevul word. 

Ceres plant 50% minder aartappels

Intussen het die prys van aartappels ook verlede week gestyg. Die prys van R4,12 per kg was 2,5% hoër as die aartappelprys van twee weke gelede, terwyl dit 7,4% hoër is as die prys vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die sowat 15 ton aartappels wat verlede week verkoop is, is 12,9% laer as twee weke gelede se verkope, hoewel dit 4,2% hoër is as die aantal tonne wat in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar verkoop is. 

Mnr. Dawie Maree, die hoof van landbou en bemarking by FNB Landbou, sê varsproduktemarkte – en dus verbruikers – moet in die komende maande verdere stygings in varsprodukpryse verwag. Dit is veral weens die effek van die droogte wat tans nog nie ten volle bepaal kan word nie. “In die omgewing van Ceres is byvoorbeeld 50% minder aartappels aangeplant en in die Sandveld is die aartappel-aanplantings aansienlik minder weens die droogte.” 

Volgens Makube het pryse vir vrugte ook gestyg weens ’n aansienlike daling in voorraad.

Maree sê onsekerheid bestaan oor of die noordelike dele van Suid-Afrika, wat ook vars produkte verbou, die afname in voorraad sal kan aanvul wat deur die droogte veroorsaak word. “Daar gaan dalk nog ’n hele paar (prys)verrassings kom,” sê Maree. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.0%
Rand - Euro
19.56
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
976.77
-0.8%
Palladium
1,419.64
-0.2%
Goud
1,977.10
-0.9%
Silwer
23.10
-0.1%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot