AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Droogte: Verlenging van rampverklaring bring hoop

akkreditasie
Die heel noordelike Boesmanland, wes van Pofadder, is ’n stuk aarde met ongelooflike landskappe. Maar op die oomblik is dit pure woestyn hierlangs. Vir etlike kilometers lê die wêreld leeg, geen diere te sien nie, plaashekke almal oop. Die enigste positiewe ding, so glo die mense, is dat die koronavirus dit nie hier gaan maak nie. Hy sal dood brand of vrek van die honger, sê hulle. Foto: Willem van der Berg
Die heel noordelike Boesmanland, wes van Pofadder, is ’n stuk aarde met ongelooflike landskappe. Maar op die oomblik is dit pure woestyn hierlangs. Vir etlike kilometers lê die wêreld leeg, geen diere te sien nie, plaashekke almal oop. Die enigste positiewe ding, so glo die mense, is dat die koronavirus dit nie hier gaan maak nie. Hy sal dood brand of vrek van die honger, sê hulle. Foto: Willem van der Berg
Die verdere verlenging van die verklaring van die land tot ’n nasionale rampdroogtegebied bring hoop dat die regering uiteindelik die beloofde hulp aan boere sal bied wat hy nie verskaf het met die eerste rampdroogteverklaring van drie maande wat in Maart afgekondig is nie.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het op 3 Junie die verlenging in die Staatskoerant afgekondig. Dit sal tot 4 Julie 2020 geld.

Mnr. Willem Symington, hoof van Agri SA se rampsentrum, sê dit is te verstane dat die rampverklaring met nog ’n maand verleng is, want die droogte is nog nie verby nie. Veral nie in die Noord-Kaap nie.

Die afgelope reënseisoen was gekenmerk deur ondergemiddelde reën in die grootste gedeelte van die provinsie. Die droogte duur voort met die gepaardgaande nadelige gevolge daarvan vir boerderye en die plaaslike ekonomieë. Boonop help die voorkoms van Covid-19 ook nie om die situasie te verbeter nie.

Wat veral kommerwekkend is, is dat die regering nie in die drie maande van die nasionale rampdroogteverklaring hulp aan boere verskaf het om hul diere te voer of finansiële hulp om hul skuldlas ligter te maak nie, sê Symington.

Hy het die hoop uitgespreek dat daar in die verlengingsmaand daadwerklik staatshulp sal kom.

“Dit is vir ons baie kommerwekkend dat die nasionale rampverklaring as gevolg van die droogte in geen regeringsoptrede aangepak is nie.”

Begroting

Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, het in Februarie aangekondig dat nagenoeg R500 miljoen begroot is vir hulpverlening weens die voortslepende droogte en verlede jaar se oorstromings. Die 2020-’21-begroting se ramptoelaag vir munisipaliteite is R353 miljoen en R139 miljoen vir provinsies. Hy het gesê dat miljarde bestee word op droogteverligting, maar dit blyk ondoeltreffend te wees en sal op ’n meer proaktiewe manier benader moet word.

Sedert 2016 het die regering R6,3 miljard vir droogteverligting bewillig en R660 miljoen vir vloede.

In die drie maande van die nasionale droogteramptoestand het slegs twee provinsies, die Vrystaat en die Wes-Kaap, hul begrotings vir droogtehulp bekend gemaak.

Nie die kantoor van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, of dr. Mmaphaka Tau, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, wou ondanks vele navrae van Landbouweekblad lig werp op presies hoe die droogteramphulp aangewend gaan word nie.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het intussen aangedui dat sy vrae oor die kwessie by die parlement gaan indien.

Twee ramptoestande

Me. Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder vir landbou, het gesê aangesien daar nie tydens die eerste drie maande van die droogteramptoestand hulp aan boere gegee is nie, word die verlenging verwelkom.

Sy het gesê dat hierdie verlenging van ramphulp nie verwar moet word met die Covid-19-ramptoestand waar die departement ook hulp aan boere bied nie. In werklikheid ervaar Suid-Afrika tans twee amptelike, nasionale ramptoestande.

Sy het daarop gewys dat die R139 miljoen wat vir die droogte goedgekeur is, ’n druppel aan die emmer is aangesien ’n behoefte van sowat R1 miljard ontstaan het. Die departement skryf die vertraging in hulpverlening aan boere toe aan die uitbreking van die Covid-19-pandemie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.37
-1.0%
Rand - Pond
21.49
-0.6%
Rand - Euro
18.92
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,008.00
-0.5%
Palladium
1,623.95
-1.3%
Goud
1,930.05
+0.1%
Silwer
23.74
+0.6%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,254
-0.7%
Alle aandele
80,243
-0.7%
Hulpbronne 10
77,780
-0.1%
Industriële 25
102,730
-1.1%
Finansiële 15
16,252
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Genoeg seer gekry en genoeg alleen die pad gestap is opsoek na iemand om saam my die son te sien sak
Ek is n kreatiewe buite mens wat van alles plaas hou loop liewer kaalvoet en maak elke dag tyd vir die mooi wat God ons wys kyk na die mense wat my lewe saam my deel en is altyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot