AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Droogtegeld aan provinsies oorbetaal

akkreditasie
Die veld op mnr. André Theron se plaas by Merweville waar dit twee jaar laas gereën het. Foto: André Theron
Die veld op mnr. André Theron se plaas by Merweville waar dit twee jaar laas gereën het. Foto: André Theron
Droogtehulp van meer as R433 miljoen is toegestaan aan die drie provinsies wat die ergste deur die droogte geraak word.

Dr. Zweli Mkhize, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, sê van hierdie geld is reeds meer as R346 miljoen op 19 Maart oorbetaal. Die res van die geld – net meer as R84 miljoen – sal in die 2018-’19-boekjaar oorgedra word.

Op 13 Maart het die Regering ná maande se wik en weeg die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar, wat dit moontlik maak dat meer geld aangewend kan word om nood te verlig.

Mhize het gesê die verklaring van ’n ramp op enige vlak is nie primêr gemik op die soek na geld nie, maar op die aktivering van buitengewone maatreëls, wat finansiering kan insluit om nood te verlig en die impak van verwante omstandighede van so ’n ramp te verminder.

“Ons is besig om met alle belanghebbendes samesprekings te voer om ingrypingsmaatreëls vir herstel op lang termyn in te stel.”

So word die geld verdeel:

Die Oos-Kaap het R104,7 miljoen vir waterinfrastruktuurprojekte gekry. Die Noord-Kaap het R36,8 miljoen vir waterinfrastruktuurprojekte gekry en ook R127 miljoen van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye vir die verskaffing van veevoer en die vervoer daarvan. Vir die huidige boekjaar is R42,3 miljoen van die R127 miljoen aan die provinsie oorbetaal. Die res van die geld gaan in die 2018-’19-boekjaar uitbetaal word. Die Wes-Kaap het R164, 9 miljoen vir waterinfrastruktuurprojekte gekry.

Mkhize het ’n beroep op die provinsies gedoen om die droogtehulpprojekte so vinnig moontlik in te stel en benadruk dat die klem op die gehalte van die werk, waarde vir geld en rekenpligtigheid van die gebruik van staatsgeld moet wees.

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal nie net die nodige ondersteuning aan die provinsies bied om toe te sien dat die droogtehulp die mense bereik wat dit nodig het nie, maar sal die proses ook monitor en die maatreëls evalueer wat provinsies en munisipaliteite instel.

Daar sal voortgegaan word om die droogtesituasie oor die hele land te monitor sodat die nodige leierskap gebied en oorsig oor die staatsinstellings gedoen word om te verseker dat die beste besluite geneem kan word, het Mkhize gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
+0.2%
Rand - Pond
20.03
+0.2%
Rand - Euro
16.93
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,794.80
+0.3%
Silwer
20.53
-0.7%
Palladium
2,225.50
-0.8%
Platinum
936.58
-0.9%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons leer mekaar ken.......dan besluit ons
Rustige, ge-balanseerde, snaakse, betroubare, sagte, familie mens. Mal oor die buitelewe, foto's neem, 4x4 avonture, met my Land Cruiser Afrika tem, plaas seun, avontuur,...
Melanie
In kort. Plain Jane. Niks fieterjasies. Is oo 'n stadium in my lewe wat ek wil fun he, plekke sien en dinge doen. Love kosmaak en glo daaraan om almal met repsek tw hanteer...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot