AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Droogtehulp: Frustrasie begin breekpunt bereik

akkreditasie
Hierdie foto is op 24 Julie 2019 tussen Loeriesfontein en Brandvlei in die Noord-Kaap geneem. Foto: Johan Norval
Hierdie foto is op 24 Julie 2019 tussen Loeriesfontein en Brandvlei in die Noord-Kaap geneem. Foto: Johan Norval
Agri Noord-Kaap gaan sy pogings om ramphulp vir die droogtegeteisterde dele van dié provinsie te bespoedig met ander landbou-organisasies koördineer om as ’n verenigde front die dringendheid daarvan by die regering te bepleit.

Die hele provinsie is ná verskeie aansoeke met ingang van 1 Augustus tot rampgebied verklaar.

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê die frustrasie rondom die rompslomp ten opsigte van die beskikbaarstelling van ramphulp van minstens R425 miljoen begin breekpunt bereik.

“Agri Noord-Kaap is uiters gefrustreerd met die haakplekke in die hantering van die aansoek deur die provinsiale rampbestuur en die Noord-Kaapse departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake. Op dié tydstip blameer die departement die departement van landbou dat voldoende verslae ten opsigte van die ramphulp in April tot Junie 2018 ontbreek.”

Volgens Jansen behoort dié verslae nie ’n beperking te plaas op ’n opeenvolgende aansoek om ramphulp nie. “Die monitering ná ’n ramp is ’n belangrike proses, maar is nie ’n beperking ten opsigte van ’n volgende ramphulpproses nie.”

Agentskappe

Jansen sê dit bekommer hom dat as die aanbevole hulp van R425 miljoen toegestaan word, sal agentskappe gebruik word om die proses te bemiddel en nie landboubesighede nie. Landboubesighede word uitgesluit weens onvoldoende beoordelingsvlakke ten opsigte van swart bemagtiging.

Die African Farmers’ Association (Afasa) en die National African Farmers’ Union (Nafu) het hul steun aan Agri Noord-Kaap toegesê om toe te sien dat elke moontlike sent aan hul lede op grondvlak toegeken word. Verspreidingsagentskappe met die gewenste SEB-vlakke kan die ramphulptoekenning met R45 miljoen (teen ’n vergoedingsvlak van 10%) aan hanteringsgeld laat krimp. Ander kwellings van die drie landbou-organisasies is die verkryging, opberging en logistiek van voer onder die toesig van agentskappe. “Daarteenoor beskik plaaslike landboubesighede reeds oor ’n voervoorraad oor die provinsie heen, wat vervoerprobleme beperk.”

In die verlede toe ’n agentskap die bewilligde droogtehulp van R23 miljoen hanteer het, is R9 miljoen daarvan, of 39%, as hanteringsvergoeding betaal. “As dieselfde soort ooreenkoms nou in die huidige ramptoekenning geld, beteken dit dat sowat R165 miljoen van die toekenning nie by alle boere op grondvlak sal uitkom nie,” sê Jansen. 

Hulp vir Vosburg

Intussen kan veeboere van die distrik Vosburg Maandag ietwat verligting verwag wanneer ’n vrag lusern van ’n anonieme skenker uit die Suid-Vrystaat op die dorp aankom. Vosburg se boere ontvang tans nie noodhulp in dieselfde mate as die landbou-unies in die naburige distrikte nie.

Dr. Jan Vos, ’n boer van die distrik, sê dit is baie droog oor groot dele van Vosburg. Hy en sy medeboere is bekommerd dat hulle tot dusver nie soos Sutherland, Calvinia, Britstown, Williston en ander gebiede noodvoer ontvang het nie.

Jansen was vandeesweek in dié distrik om homself van die behoeftes en omstandighede te vergewis. Hy het sy dank uitgespreek teenoor die skenker van die vrag lusern uit die Suid-Vrystaat wat Agri Noord-Kaap vir noodleniging in Vosburg bekom het.

Agri Noord-Kaap sal met die samewerking van mnr. Pieter Vos, nuut verkose voorsitter van die landbouvereniging van Vosburg, die verspreiding van die skenking koördineer, asook ander voorgenome skenkings aan die gemeenskap van die dorp. “Agri Noord-Kaap het begin met die reëlings om ’n rampfonds vir die distrik te stig, hoofsaaklik om geld in te samel vir die vervoer van voerskenkings,” sê Jansen.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,789.89
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,206.50
-0.7%
Platinum
930.00
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot