AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Droogtehulp: Gebrekkige steun aan boere staan duidelik uit

akkreditasie
Die fel droogte in Griekwaland in Noord-Kaap. Foto: Willem van den Berg
Die fel droogte in Griekwaland in Noord-Kaap. Foto: Willem van den Berg
Die regering se tekort aan ondersteuning aan kommersiële boere het duidelik geblyk toe adj.pres. David Mabuza vrae in die nasionale vergadering oor droogtehulp beantwoord het.

Boere, insluitende kleinboere, kla voortdurend dat beloofde droogtehulp hulle nie bereik nie of hopeloos te min is.

Die regering het ’n nasionale rampdroogte vanaf Maart tot einde Mei verklaar, maar min hulp het by boere uitgekom. Die rampdroogteverklaring is in Junie met ’n maand verleng wat op 4 Julie sal eindig.

Mnr. Wouter Wessels, LP van die VF Plus, het Mabuza gevra of hy enige programme gekoördineer het om landbou-ondersteuning te bespoedig of enige maatreëls ingestel het sedert die verklaring van die nasionale rampdroogte op 4 Maart om kommersiële boere te ondersteun. Mabuza staan aan die hoof van die interministeriële komitee op grondhervorming wat oplossings vir die land se grondhervormingskwessie moet kry.

Mabuza het gesê dat die interministeriële komitee sedert sy ontstaan konsentreer op kwessies van grondhervorming en die koördinering van ondersteuning aan boere. Hy het verwys na die hulppakket wat die regering in 2019 verskaf het. Dit het die boor van boorgate in die Vrystaat en Limpopo ingesluit. Die boorgate in die Vrystaat het 50 bestaans- en kleinboere toegang tot water gegee. In KwaZulu-Natal is veevoer beskikbaar gestel vir kommersiële, klein- en bestaansboere. In Limpopo het 3 565 kleinboere veevoer gekry en 14 het voordeel getrek uit projekte vir die verskaffing van water aan vee. In Noordwes het kommunale en bestaansboere veevoer gekry, in Mpumalanga is veevoer verskaf en ’n voerbank geskep waaruit altesaam 1 094 bestaans- en kommersiële boere voordeel trek. In die Wes-Kaap is veevoer verskaf aan 753 kommersiële en 719 kleinboere.

Hy het ook verwys na sy besoek verlede jaar aan die Noord-Kaap waar R30 miljoen noodhulp toegestaan en ’n voerbank geskep is. Die provinsie het mielies en lusern aangeplant vir veevoer en hierdie inisiatief is tot voordeel van 8 123 begunstigdes.

Hy het gesê die regering sal voortgaan om so spoedig moontlik te reageer wanneer droogtes boere in die gesig staar. Hy het ook onderneem om voorvalle op te volg waar droogtehulp weens korrupte aktiwiteite nie aan boere verleen is nie.

Droogtegeld toegestaan

Sedert Januarie 2020 het sewe provinsies, uitsluitend die Vrystaat en Gauteng, om droogtehulp aansoek gedoen, het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, skriftelik geantwoord op ’n parlementêre vraag van me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Steyn wou ook weet wat die presiese bedrae is wat per provinsie toegestaan was en waarvoor die geld aangewend word. Die provinsies het om nagenoeg R1,9 miljard se droogtehulp by die departement aansoek gedoen en slegs R139 miljoen gekry.

Die Oos-Kaap het om R395 miljoen aansoek gedoen en slegs R35 miljoen kon vir die huidige boekjaar toegestaan word vir die produksie van veevoer en boorgate.

Dit is nie bekend hoeveel geld KwaZulu-Natal versoek het nie, maar die provinsie het R4 miljoen gekry vir die ontslik van damme; Limpopo het R117 miljoen versoek en R18,5 miljoen gekry en dit sal vir boorgate aangewend word; Mpumalanga     het om R400 miljoen aansoek gedoen en R12,5 miljoen is toegestaan vir boorgate en die verskaffing van veevoer; die Noord-Kaap het R600 miljoen versoek en R36 miljoen is toegestaan vir die verskaffing van veevoer en die verwydering van indringerplante; Noordwes het R252 miljoen versoek en slegs R8 miljoen gekry vir die verskaffing van veevoer; en die Wes-Kaap het R123 miljoen gevra en R25 miljoen gekry vir die voorsiening van veevoer.

Vorige hulp

Steyn wou ook weet hoeveel droogtehulp sedert 1 April 2016 beskikbaar gemaak is en of van die geld nie bestee is nie.

Didiza het aangedui dat al die toegestane geld bestee is. Daar is altesaam R212 miljoen droogtehulp toegestaan in die 2016-’17-boekjaar, R266,5 miljoen in die 2018-’19-boekjaar en R51 miljoen in die 2019-’20-boekjaar.         

Die Oos-Kaap het in die 2016-’17-boekjaar R29 miljoen gekry en R20 miljoen in die 2018-’19-boekjaar.

Die Vrystaat het in die 2016-’17-boekjaar R31 miljoen gekry en R13,5 miljoen in die 2018-’19-boekjaar.

KwaZulu-Natal het R23 miljoen vir die 2016-’17-boekjaar gekry.

Limpopo het R28 miljoen gekry vir die 2016-’17-boekjaar, R10 miljoen in die 2018-’19-boekjaar en R9 miljoen in die 2019-’20-boekjaar.

Mpumalanga het R26 miljoen gekry vir die 2016-’17-boekjaar, R10 miljoen vir die 2018-’19-boekjaar en R8 miljoen vir 2019-’20-boekjaar.

Die Noord-Kaap het in die 2016’17-boekjaar R25 miljoen se hulp gekry, R43 miljoen in 2018-’19-boekjaar en R34 miljoen vir die 2019-’20-boekjaar.

Noordwes het R38 miljoen in die 2016-’17-boekjaar.

Die Wes-Kaap het R12 miljoen in die 2016-’17-boekjaar gekry en R170 miljoen in die 2018-’19-boekjaar.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot