AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Duisend lammers vrek oor E.coli

Verskeie boere het erge lam- en kalwervrektes weens die teenwoordigheid van E.coli ervaar. Dok Faffa Malan gee raad oor dié ernstige probleem.

Gerugte van erge veevrektes is by Landbouweekblad se stalletjie op Nampo aan dr. Faffa Malan oorgedra, met verskeie boere wat veral erge lam- en kalwervrektes ervaar het. Een boer het ontsteld vertel hoe hy ’n duisend lamvrektes ondervind het, met die ergste uitbrekings wat in die Oos-Vrystaat aangemeld is, maar besig is om te versprei.

Volgens ondersoeke wat op lammers gedoen is, is gevind dat sekere E.coli-stamme vir die vrektes verantwoordelik is. In baie gevalle was kriptosporidiose ook teenwoordig. 'n Span wetenskaplikes is tans besig om alle moontlike middels te probeer vind om die uitbrekings hok te slaan.

Tans word aanbeveel dat boere hulle ooie voor lamtyd met 'n autogene-enstof inent. Sulke entstowwe word vervaardig van die bakterieë wat geisoleer word van monsters wat veeartste van aangetaste diere neem. Dok Faffa noem dat daar wel middels beskikbaar is by veeartse wat kan help om die skade te voorkom en te beperk, maar noem ook dat dit belangrik is om vas te stel watter spesifieke antibiotika effektief is teen die bakterieë deur 'n antibiogram te laat doen.

Higiëne uiters belangrik

Dok Faffa sê dit is moeilik om vas te stel wat presies verantwoordelik is vir die uitbrekings en verspreiding, maar maan boere om tans uiterste klem te lê op higiëne en biosekuriteit. Ander bydraende faktors sluit in die effek van die droogte wat proteïentekorte tot gevolg het, asook swak gehalte kolostrum of kolostrum wat nie ingeneem word nie, of wat nie teenliggame teen die spesifieke E.coli-stamme bevat nie.

Ander bydraende faktore sluit in vitamin A tekorte, voer van hoendermis, besmette water, stof, draerdiere of intensiewe stelsels waar die stamme vastrapplek kan kry. Alle ander oorsake van diarree moet ook ondersoek word.Enige siek diere moet onmiddellik uit die kudde gehaal word, in kwarantyn geplaas word, en met elektroliete in die water voorsien word.

Dok Faffa raai boer ook aan om artikels op Landbou.com na te slaan, wat handel oor E.coli en kriptosporidiose in diere.

Lees die artikels hier:

Kriptosporidiose – 'n protoso?ese siekte in mense, diere, reptiele en visse

E.coli-kiem rakende maagwerk en mastitis

E.coli in diere

Boere is ook welkom om Dok Faffa direk te kontak by dokfaffa@nashuaisp.co.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.4%
Rand - Pond
22.08
+1.0%
Rand - Euro
19.48
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.97
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Platinum
984.60
+1.7%
Palladium
1,468.06
+1.4%
Goud
1,972.74
+0.4%
Silwer
23.64
+1.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot