AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Durbanhawe op herstelpad ná vloede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Durbanhawe. Foto: Robyn Joubert
Die Durbanhawe. Foto: Robyn Joubert
Omdat toegangsroetes en spoorlyne nog herstel word nadat dit in verlede maand se vloede beskadig is, is die Durbanhawe nie so in bedryf soos Transnet wil aandui nie.

Mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het luidens ’n verklaring deur Transnet op 20 April, sowat ’n week nadat vloedwater chaos in die hawe en omliggende gebiede gesaai het, aangekondig dat werksaamhede by die hawe byna volkome hervat het.

Mnr. Johann Basson, logistieke bestuurder vir die Fruit Trade-groep, het egter aan Landbou.com vertel dat kragtoevoer na hul koelkamer in Pinetown eers Donderdagmiddag herstel is nadat dit die aand van 11 April onderbreek is. Sedertdien is kragopwekkers ingespan sodat die aanleg op 50% van sy normale kapasiteit kan funksioneer.

Volgens hom is die feit dat verskeie toegangsroetes en spoorlyne steeds herstel word die grootste rede hoekom werksaamhede by die hawe nog nie genormaliseer het nie. “ ’n Groot hoeveelheid vraghouers is elke dag spoorlangs na die hawe geneem. Dit beteken sowat 1 000 vraghouers moet nou padlangs vervoer word terwyl Bayheadweg, die hooftoegangsroete, net een of twee bane in elke rigting het wat tans gebruik kan word.”

Hy het gesê produsente in Limpopo en Mpumalanga gaan voort met die pluk en pak van vrugte hoewel werksaamhede by die Durbanhawe nou eers begin normaliseer.

Volgens hom het ’n groot aantal van die hawe se depots steeds nie krag- of watertoevoer nie.

Nog ’n probleem is skepe wat veral leë vraghouers by Durbanhawe aflaai. “Mense het weens die vloede oorweeg om eerder die hawe in Gqeberha te gebruik. Die meeste van die leë vraghouers, wat vir die sitrusseisoen in die land gebring is, was egter in Durban. Dit is die houers wat in die hoofweë afgespoel het.”

Dié sameloop van omstandighede lei tot ’n logistieke nagmerrie. “Ons maatskappy kon sedert die vloede op net 50% kapasiteit funksioneer, maar dit behoort nou beter te gaan. Ons hoop om binnekort weer voluit te kan funksioneer, maar daar is altyd ’n ding wat êrens kop uitsteek.”

Basson het gesê hulle sal vanaf volgende week eers skadebepalings kan doen wanneer hul vraghouers by hul bestemmings aankom en oopgemaak kan word.

Volgens ’n boodskap wat die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragsenders vanoggend aan sy lede gestuur het, is die herstelwerk aan Bayheadweg se derde baan vertraag aangesien teer weens hoë vogvlakke nie gelê kon word nie. Die baan word wel tans geteer en sal hopelik teen 9 Mei oop wees. Pype om verspoelde riool- en waterpype te vervang sal van middel volgende week af geïnstalleer word. Die werk aan die pad sal na verwagting teen 21 Mei voltooi word.

Die boodskap dui aan dat die Bayhead-substasie eers weer op 3 Mei aanlyn was. Herstelwerk aan 16 minisubstasies op die hawe se netwerk duur voort en sal na verwagting teen 13 Mei voltooi word. Sommige aanlegte sal tot dan sonder krag wees.

Nadraai van vloede

Dr. Kandas Cloete, senior analise vir tuinboukunde by die buro vir voedsel- en landboubeleid, sê die Durbanhawe se kaai 1 en kaai 2 was as gevolg van die vloede sowat twee dae glad nie in bedryf nie. Dit het egter selfs langer geneem om vraghouers te verskuif aangesien paaie onbegaanbaar was.

Die aflewering van vraghouers vir uitvoer by kaai 1 het volgens haar vir ’n week, van 12 tot 18 April, bykans stilgestaan. Gedurende dieselfde periode is 390 vraghouers vir uitvoer by kaai 2 afgelaai, terwyl daar die vorige week 3 302 vraghouers by kaai 1 en 7 840 vraghouers by kaai 2 afgelaai is.

Hoewel hyskrane funksioneel was en vragte dus op- en afgelaai kon word, kon vragte nie die hawe bereik nie. “As ons die huidige sitrusseisoen met ’n gemiddeld van die vorige twee jare vergelyk, was 2022 se sitrusuitvoer in week 15, 16 en 17 onderskeidelik 38%, 40% en 57% van die gemiddelde volumes gerapporteer vir 2020 en 2021. Week 18 se data is nog nie beskikbaar nie, dus weet ons nie of uitvoervolumes al na normaal teruggekeer het nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot