
'n Angora-ram is teen R102 200 verkoop op die amptelike Angorastoetramveiling op Somerset-Oos. Dit is net R9 000 minder as die Suid-Afrikaanse rekord wat in 1985 opgestel is.
Die ram van mnr. J.H. Lategan van Aberdeen is gesamentlik deur mnr. Barries Snijman van Vleikuil Rietbron, Samil Natural Fibres in Port Elizabeth en ’n Switserse belegger mnr. Francis Patthey gekoop.
Die ram is vir die Angela-projek (Angora Genetiese Laboratorium) aangekoop. Die projek is daarop gemik om die jongste wetenskaplike hulpmiddels in te span om die gehalte van bokhaar in die korste moontlik tyd te verbeter.
Die tweede hoogste prys op die veiling was R68 000. Die ram van mnre. A.B. en Sean Hobson van Matrysford, Graaff-Reinet, is aan mnre. David en Lloyd Short en Willie Jordaan verkoop. Die gemiddelde prys van die 84 ramme wat aangebied is was R5 620 vir kudderamme en R44 125 vir stoetramme.
Byskrif: Van links mnre. André van Zyl (CMW Afslaer); Johan Paulsen (CMW Graaff-Reinet); Barries Snijman (koper); Jannie Lategan (verkoper); Andrew Laing (koper) and Cassie Carstens (CMW Willowmore). Foto verskaf