
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê klagte van poging tot moord en betreding word ondersoek ná die voorval wat Vrydag 13 Januarie rondom 06:00 op ’n plaas buite Botrivier plaasgevind het.
Dr. Russell Reuvers (72), ’n boer en afgetrede veearts, het tydens die voorval ’n skietwond in sy regterbeen opgedoen en moes gehospitaliseer word. ’n 42-jarige verdagte is noodlottig gewond en ’n 41-jarige verdagte in hegtenis geneem.
Van Wyk sê die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.