AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Eens trotse Landboukollege Potchefstroom nou vervalle

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Annelise Lange
Foto: Annelise Lange
Saai is geskok en ontsteld oor die haglike toestand van die Landboukollege Potchefstroom (Pampoenboere) se kampus en plaas. Hy het ’n regspan geraadpleeg oor moontlike optrede om dié kollege van ineenstorting te red.

Luidens ’n verklaring deur Saai kla studente dat die instandhouding van die geboue en terrein so ver agter geraak het dat dit ’n onveilige omgewing skep. “Van die eens trotse, tradisieryke instelling wat topboere en landboutegniese adviseurs opgelei het, is daar geen spoor nie.

“Foto’s en verslae van diere wat verhonger weens swak en verkeerde voeding, haglike krale, weiding waar rommel gestort word en dieresorgpraktyke wat die Dierebeskermingsvereniging na sy asem sal laat snak, staaf die studente se klagtes.”

Mnr. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê Saai is veral bekommerd oor die invloed van die verwaarloosde geriewe op die gehalte van tersiêre landbou-opleiding. “Dit sou al rampspoedig gewees het as die kampus leeg gestaan het, maar hier word nog studente opgelei. Ons wil weet hoe dit gebeur het en iemand moet aanspreeklik gehou word.”

Dr. Theo de Jager, uitvoerende voorsitter van Saai, sê Suider-Afrika verwag van sy tersiêre landbou-opleidingsinstellings om jong boere aan die spits van internasionale mededingendheid te hou. “Daar is mense wat glo dat die foto’s van vervalle infrastruktuur en brandmaer beeste aangedik is omdat dit so buitengewoon sterk kontrasteer met die uitnemende kollege wat duisende boere en landbousakelui as hulle alma mater onthou, maar ’n foto kan nie lieg nie.”

Volgens Saai is die vee op die kampus in ’n swak toestand weens ’n tekort aan voer. Daar is skure vol goeie produkte, aanvullings en gespesialiseerde mengsels, maar dit word nie vir die diere gegee nie of die verkeerde voer word vir die diere gegee.

Saai het reeds ’n prokureur opdrag gegee om die verantwoordelike en aanspreeklike amptenare by die kollege op te spoor en waar nodig die howe te nader om inligting te bekom, regstelling te verseker en aanspreeklikheid af te dwing.

Landbou.com het die Landboukollege Potchefstroom vroeër vandeesweek om kommentaar genader en wag steeds vir terugvoering.

Van 2010 tot 2012 het Landbou.com oor berig oor verval en probleme by die kollege. Klik hier om meer te lees. 

Die Landboukollege Potchefstroom se een hoofgebou soos Landbou.com dit in 2010 afgeneem het. Die verval van die instansie was tussen 2010 en 2012 gereeld in die nuus en Landbou.com en Landbouweekblad het gereeld daaroor berig. Foto: Alani Janeke
'n Vertrek in 'n koshuis se plafon het totaal uitgeval in 2010. Die verval van die instansie was tussen 2010 en 2012 gereeld in die nuus en Landbou.com en Landbouweekblad het gereeld daaroor berig. Foto: Alani Janeke
landbou-kolleges
'n Kas staan rond in 'n koshuiskamer tydens verval by die kollege in 2010. Foto: Alani Janeke
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot