AFGRI
BEAN
07 Jun
-
8635
-44,00
CORN
07 Jun
-
4604
-18,00
SOYA
07 Jun
-
7661,2
-74,80
SUNS
07 Jun
-
8640
105,00
WEAT
07 Jun
-
6590
-36,00
WMAZ
07 Jun
-
3670
-60,00
YMAZ
07 Jun
-
3727
-67,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

EFF-protes: ‘Boere is besig om te boer’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Terwyl sporadiese betogings deur die EFF reeds in sommige provinsies kop uitgesteek het, kon die landbousektor tot dusver op sy belangrikste taak fokus – om te boer.

Die EFF probeer om Suid-Afrika vandag deur betogings tot stilstand te dryf. Volgens die polisie is 87 betogers reeds die afgelope 12 uur landwyd in verband met openbare geweld in hegtenis geneem en hou die polisie die situasie fyn dop. Die meeste van die inhegtenisnemings was in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat.

Wetstoepassers het ook reeds op ten minste 24 300 bande beslag gelê – sowat 6 000 in die Wes-Kaap, 4 500 in die Vrystaat, 3 600 in Gauteng en 1 513 in die Oos-Kaap en sommige ander provinsies.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê benewens ’n enkele voorval wat die polisie vinnig onder beheer gekry het, het hulle nog geen verdere terugvoering oor botsings met betogers ontvang nie.

“Op hierdie stadium kan ’n mens sê die EFF het ’n muis gebaar. Ons boere is voluit besig om te boer en produseer, dít is waarop ons konsentreer. Ons ervaar tans nie ’n baie groot bedreiging nie, maar die plaas- en buurtwagte en ander organisasies waarmee ons saamwerk, is baie sterk oorgehaal.

“Hierdie keer het die polisie ook sy deel gedoen met die nodige kapasiteit om seker te maak dat hierdie ekonomiese sabotasie wat die EFF verkondig het – wat ek as hoogverraad beskou – gekortwiek sal word.”

Hy sê TLU SA het onlangs ’n klag van ekonomiese sabotasie teen mnr. Julius Malema, leier van die EFF, gelê. “Jy kan nie verkondig dat mense nie ekonomies aktief mag wees nie. Dat mense verbied sal word om hul besighede te bedryf nie. Dit, gegewe die realiteit in Suid-Afrika, is onaanvaarbaar.”

Hy sê die klag word tans deur die Valke ondersoek. TLU SA het ook die presidensie skriftelik versoek om sy grondwetlike verantwoordelikheid teenoor Suid-Afrika se burgers na te kom deur na hul veiligheid om te sien en die land te stabiliseer.

Hy sê terwyl hulle met die EFF saamstem dat die ANC die spreekwoordelike bul in die glaswinkel is wat alles breek, stem TLU SA nie saam met die EFF se benadering om hierdie probleem uit die weg te ruim nie. “Die gevolge van hierdie benadering sal wees dat daar dan twee of selfs meer bulle in die glaswinkel sal wees.”

Hy meen daar is steeds ’n groot ongemaklikheid met die gevolge van die beleidsomgewing wat die ANC geskep het, met dinge soos onteiening sonder vergoeding en kaderontplooiing. Hierdie kwessies moet egter op die regte manier opgelos word en ’n beleidsomgewing gevestig word wat ekonomiese groei sal bevorder.

“Dit is nie landbou-organisasies se taak nie. Ons is nie in die politiek nie. Ons het wel die verantwoordelikheid om daardie diskoerse uit te wys wat daartoe lei dat beleggersvertroue afgebreek word.”

Landbousektor oorgehaal

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, sê dié organisasie is oorgehaal teen enige optrede om Suid-Afrika te destabiliseer.

“Die ekonomie ly daaronder en misdadigers buit die situasie uit. Die landbousektor is oorgehaal vir enige betogings wat na plase toe kan oorspoel. Agri SA se provinsiale strukture het met die polisie op provinsiale vlak geskakel en daar word nou met die polisie gewerk om enige intimidasie of misdaad teen te werk en te voorkom.”

Luidens ’n verklaring deur Agri Oos-Kaap het die organisasie die afgelope paar dae deelgeneem aan die provinsiale polisie se beplanning vir die betogings. Sodra die polisie die amptelik lys van moontlike gevaarpunte beskikbaar stel, sal dit met Agri Oos-Kaap se lede gedeel word.

Die polisie het gevra dat die landbousektor wetstoepassers sal steun. Die polisie kan boere vra om hulp en toerusting te voorsien om padblokkades op te ruim sodat paaie in die Oos-Kaap heropen kan word.

“Lede van Agri Oos-Kaap word versoek om onder alle omstandighede gedurende die komende dae waaksaam te wees en met omsigtigheid op te tree.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.21
-0.0%
Rand - Pond
23.84
+0.1%
Rand - Euro
20.52
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.81
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
1,031.38
+0.5%
Palladium
1,408.34
+0.1%
Goud
1,956.85
-0.3%
Silwer
23.44
-0.7%
Brent-ruolie
76.29
-0.6%
Top-40
71,534
-0.1%
Alle aandele
76,732
-0.1%
Hulpbronne 10
69,280
-0.4%
Industriële 25
103,737
-0.1%
Finansiële 15
15,179
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot