AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Eiendomsreg: Herrie oor impakstudie

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
’n Herrie het ontstaan oor wat beskryf word as die regering se pseudo-“studie” wat gebruik word om die ontneming van private eiendomsregte te bevorder nadat Sakeliga deur ’n hofaansoek toegang tot die regeringsimpakstudie verkry en dit bekend gemaak het.

Die dokument, ’n maatskaplik-ekonomiese impakstudie oor onteiening sonder vergoeding is in 2019 deur die departement van openbare werke gedoen en klaarblyklik van die publiek weerhou. Sakeliga het op Maandag 7 Junie ’n geslaagde aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting (Wet 2 van 2000) gebring.

Die verslag ondersteun die ontneming van eiendom sonder vergoeding en onthul beweerde steun van verskillende instellings, onder meer Nedlac en Agri SA, vir die wetsvoorstel. Die studie beweer dat daar eenparige steun vir die wetsontwerp bestaan onder die instellings en groepe wat geraadpleeg is. Agri SA, wat nooit die verslag voorheen onder oë gehad het nie, sê die bewerings is onwaar. Me. Annelize Crosby, hoof van grond- en regsake, sê Agri SA se teenstand teen sekere aspekte van die wetsontwerp soos die definisie van onteiening, wat die deur oopmaak vir allerlei beperkings op eiendomsreg, asook die kwessie van nulvergoeding is deurgaans baie duidelik gekommunikeer.

Die besigheidsgroepering in Nedlac was ook baie duidelik oor sy teenkanting ten opsigte van hierdie maatreëls. Die studie wek dus ’n vals indruk oor Agri SA en die sakewêreld se steun vir dié wetgewing. Agri SA het in werklikheid groot uitgawes aangegaan om regsmenings in te win oor die wetsontwerp en het opdrag gegee dat ’n onafhanklike studie oor die moontlike ekonomiese gevolge van onteiening sonder vergoeding onderneem word, welke studie in Maart 2021 uitgereik is, het Crosby gesê.

TLU SA betreur die swak gehalte van die regering se impakstudie en sê dit is ’n sprekende voorbeeld van die gebrekkige kundigheid in staatsdepartemente om belangrike inligting saam te stel en weer te gee.“Ons beswaar teen die sogenaamde impakstudie is tweeledig,” sê mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA. “Eerstens is die gehalte van die dokument onaanvaarbaar swak. Dit lyk plek-plek of die samesteller eenvoudig ’n generiese antwoord geplak het wat nie eens relevant is nie. Tweedens verwys die studie na die goedkeuring wat sommige organisasies aan die wet sou gee en beslis onwaar is.

“Hoe kan die regering ’n belangrike wet wat so ’n groot impak op die ekonomie gaan hê, probeer aanpas op grond van hierdie dokument? Die regering wys hiermee net weer dat die toekoms van die land geen gewig dra in besluite nie. Dit gaan hier oor die deurvoer van ’n ideologie waar net sekere mense (kaders) bevoordeel word en die res in ellende moet voortsukkel.”

Sakeliga het groepe wat in die dokument genoem is en ook die Banking Association of South Africa (Basa) en die Amerikaanse Handelskamer insluit, gevra om te bevestig of hul vermeende steun akkuraat in die studie aangeteken is. Mnr. Piet le Roux, hoof van Sakeliga, wys ook daarop dat opponerende stemme van organisasies soos Sakeliga, die Instituut vir Rasseverhoudinge en die Vryemarkstigting klaarblyklik nie in die studie oorweeg is nie, wat ’n fasade skep van eenparige steun vir die wetsontwerp deur die burgerlike samelewing.

Mnr. Martin van Staden, regsgenoot by Sakeliga, sê die dokument kom neer op ’n uitgebreide meningsartikel. “Daar is geen feite, data of ontledings om in ag te neem nie. Dit is nie heeltemal onverwags nie, want daar is in werklikheid geen voordele aan ’n regstelsel wat regte ontneem soos die beoogde wetsontwerp op onteiening sou doen nie. Sakeliga oorweeg verdere stappe om die verdoeseling van ongunstige ekonomiese werklikhede aan die hand van die sogenaamde studie uit te lig.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot