AFGRI
BEAN
30 Me
-
9667,6
-9,40
CORN
30 Me
-
4716
50,00
SOYA
30 Me
-
7890
-26,00
SUNS
30 Me
-
8280
-47,00
WEAT
30 Me
-
6650
41,00
WMAZ
30 Me
-
3715
49,00
YMAZ
30 Me
-
3854
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Eiendomsreg is ‘ononderhandelbaar’

akkreditasie
Mnr. Dan Kriek. Foto: Nico van Burick
Mnr. Dan Kriek. Foto: Nico van Burick
Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het op ’n inligtingsvergadering skerp kritiek uitgespreek teen diegene wat “verwarrende en oningeligte” boodskappe oor die grondkwessie op sosiale media, veral WhatsApp, rondstuur.

Hy, mnr. Omri van Zyl, Agri SA se hoofbestuurder, en me. Annelize Crosby, die organisasie se hoof van grondsake, was onlangs op ’n algemene vergadering op Bloekomspruit in Gauteng aan die woord om boere se vrae oor Agri SA se standpunte oor die grondkwessie te beantwoord.

“Myns insiens was die landbou beter daaraan toe toe ons boereverenigingvergaderings kon hou om vrae regstreeks te beantwoord. Uiteindelik is dit tog hulle wat die belangrikste organisasies is – die boere op grondvlak,” het Kriek gesê.

Hy het benadruk daar word nie oor enige boer se eiendomsreg onderhandel nie. “Wat ons wel doen, is om ons sterk teen die verandering van artikel 25 van die Grondwet te posisioneer,” sê hy.

G’n sag

Kriek was ook hoogs krities oor die mening dat Agri SA te sag is.

“Die indruk is dat diegene wat oor die saak wil debatteer, te sag is en dat hakke inkap die enigste oplossing kan wees. Die waarheid is dat die georganiseerde landbou balans moet hê. Jou enigste stuk gereedskap kan beslis nie net ’n hamer wees nie. Jy moet alles kan doen – van baklei tot saam om die tafel sit. As jy dit nie kan doen nie, kan jy nie aan die debat deelneem nie.”

Hy het boere die versekering gegee dat alles wat Agri SA in die gronddebat doen, in ooreenstemming met die Grondwet is, daarop gerig is om grondregte te beskerm en ekonomies sin maak.

Op sy beurt het Van Zyl gesê Agri SA beïnvloed regeringsbeleid deur met tasbare oplossings vir die landbou vorendag te kom.

“Uiteindelik is dit die boere wat bepaal hoe ons die saak vorentoe neem. In my hart weet ek dat Suider-Afrika se voortbestaan van die boere van Suid-Afrika afhang.”

Van Zyl het gesê die georganiseerde landbou kan dit nie meer bekostig om verdeeld te wees nie. “Die impak wat ons gaan hê, gaan minimaal wees indien ons verdeeld is.”

Fonds

Agri SA het ook ’n fonds gestig om hofsake aanhangig te kan maak en senior advokate aan te stel, terwyl ’n maatskappy aangestel is om die politieke bewegings in die land te monitor.  “Kriek is ook tot die presidensiele advieskomitee verkies. Ons gee dus die president regstreeks raad oor die huidige landbousituasie.

Van Zyl het gesê die klem kan nie net op die hier en nou wees nie, maar ook op die volgende geslag mense wat in die landbou gaan staan.

“Ons sal verantwoordelike en slim besluite moet begin neem om seker te maak boere bly in produksie en help die volgende generasie en die generasie ná hulle om volhoubaar te leef.”

Kriek het gesê die tyd dat die landbou in ’n wit of swart konteks gesien word, is lankal verby.

“As ons sê ons moet saamstaan tot die landbou se beswil, dan moet ons die breër konteks insien. Jóú probleem en die swart boer se probleem stem op baie plekke ooreen.”

Aanspreeklikheid

Hy meen ook die regering moet aanspreeklik gehou word aan die Grondwet en ander landswette. “Dit gaan oor die balans van hoe dinge gedoen word. Ons gaan die regering aanspreeklik hou en ons gaan ons plek om die debatstafel inneem. Ek sal nie toelaat dat daar van regeringskant af besluite geneem word waaraan ons nie deelneem nie,” het Kriek gesê.

“As ons dink ons as wit boere gaan alleen dinge in Suid-Afrika verander, maak ons ’n baie groot fout. Ons sal as wit, swart, bruin en Indiërboere almal moet saamstaan. In die grondkwessie kan ons nie bekostig om nié saam te staan nie.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.76
-0.5%
Rand - Pond
24.54
-1.0%
Rand - Euro
21.19
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.94
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
1,033.16
+0.3%
Palladium
1,440.38
+0.8%
Goud
1,951.29
+0.4%
Silwer
23.25
+0.4%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,737
+0.4%
Alle aandele
76,816
+0.3%
Hulpbronne 10
68,081
+0.2%
Industriële 25
106,807
+0.5%
Finansiële 15
14,542
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde voll
Eerlik opregte liefde volle persoon. Lief vir natuur en diere. Hou van still plattelandse lewe. Hard werkend en nog volle lewe gee my alles vir die regte persoon. Aanvaar my met...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot