Eiers is een van die bekostigbaarste proteïenbronne beskikbaar, maar die fyn balans tussen die aanbod en die vraag, tesame met beperkte internasionale handel, maak dié mark onbestendig.
Nogtans skets die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) ’n rooskleurige prentjie van die eierbedryf oor die volgende dekade. BFAP is in 2004 gestig om jaarliks noukeurige vooruitskouings van verskillende landboubedrywe te maak om akkurate politieke en sakebesluite moontlik te maak.
Die BFAP-groep staan onder leiding van ses direkteure, dr. Tracy Davids, prof. Ferdinand Meyer, mnr. Wandile Sihlobo, dr. Mmatlou Kalaba, me. Lulama Ndibongo-Traub en adv. Annemarie van der Merwe.