AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

El Niño: Dis nie die seisoen vir ‘kanse waag’

akkreditasie
'n Reënboog op Bhejane Wildreservaat naby Willowmore na 30mm se reën. Foto: Adriana Theunissen
'n Reënboog op Bhejane Wildreservaat naby Willowmore na 30mm se reën. Foto: Adriana Theunissen
“Dit is nie nou die tyd om kanse te waag nie, soos om in droë grond te plant of te veel vee vir beskikbare weiding aan te hou,” sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou.

Reënvalwaarskynlikhede vir die res van Desember het verswak vir veral die westelike dele van Suid-Afrika, terwyl kanse steeds goed lyk vir die oostelike dele van die land. Volgens Van den Berg is die moontlikheid van reën skraal vir die Noord-Kaap, die Wes-Vrystaat, die westelike dele van Noordwes, die Oos-Kaap en feitlik die hele Namibië. “Dit lyk ál meer of die westelike mieliesaaigebiede gaan sukkel om betyds geplant te kry.”

“Die tweede groot krisis wat besig is om te ontwikkel, is in die ekstensiewe veegebiede,” sê Van den Berg. Weiding is swak en oor groot gebiede het beskikbare weiding afgebrand. “Rekening moet ook gehou word met die uitwerking van die verwagte El Niño-stelsel, wat tydens die tweede, belangrikste deel van die seisoen kan voorkom. Dis in die lig van die reeds bedenklike weidingstoestande wat bestaan.”

Tropiese siklone en El Niño

’n Positiewe verwikkeling is dat die risiko vir tropiese siklone oor Suider-Afrika kleiner lyk. Van den Berg sê die Indiese Oseaan se see-oppervlaktemperatuur naby die Afrika-kuslyn is tans koeler as normaalweg, veral vanaf die Suidkus tot verby die Mosambiekkanaal. Aan die oostekant van Madagaskar is daar steeds ’n gebied waar see-oppervlaktemperature bogemiddeld is, hoewel dit nader aan die Australiese kus weer laer is. Dié seevlaktemperature hou verband met die ontwikkeling van tropiese siklone.

Volgens Van den Berg is dié koeler temperature goeie nuus, omdat dit die risiko vir tropiese siklone oor Suider-Afrika verswak.

Wat die voorspelde El Niño-stelsel betref, was daar steeds geen koppeling van die Nino-gebiede se warmer see-oppervlaktemperature met klimaatstelsels nie. “Dit laat die hoop opvlam dat nog reën verwag kan word en dat die seisoen tot op hede net laat is,” sê Van den Berg. “Die belangrikste is egter dat dit na ’n hoërisiko-seisoen vir veral die sentrale tot westelike somerreënvalgebied lyk.” 

Drie moontlike scenario’s

Van den Berg voorspel drie scenario’s vir die res van die somer:

Scenario 1. Die kans is tans 30% dat swakker as verwagte reënval in Desember en Januarie, asook van Februarie tot April, kan voorkom. Die droë toestande wat vir die laaste deel van die somer voorspel word, is die gevolg van die verwagte El Niño-weerstelsel.

Scenario 2. Die kans is 50% dat goeie reënval in Desember en Januarie kan voorkom, gevolg deur baie droë toestande in die laaste deel van die seisoen weens die voorspelde El Niño-weerstelsel.

Scenario 3. Die kans is 20% dat die El Niño-weerstelsel se reaksie nie tipies is nie, en met goeie reënval deur die res van die seisoen gepaardgaan.

“Dié scenario’s kan minder of meer relevant wees as dit geografies toegepas word. Vir die westelike dele van Suid-Afrika is daar ’n beter kans op scenario 1, veral as dit teen einde Desember nog nie gereën het nie, terwyl daar ’n beter kans op scenario 3 vir die oostelike dele van die land is,” sê Van den Berg.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie boek
Wil nie alleen oud word nie soek n maat ,om alles te deel. Hou van braai buite in die natuur. Hou van die wildtuin kamp uit eet motor sport jag Die lewe voluit geniet en elke...
Doen alles met liefde
Liefde is vir baie belangrik. Opregte liefde. Ek is n baie saggeaarde omgee persoon wat dit geniet om tyd by die huis te spandeer. Bietjie van n introvert. Wanneer die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot