AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Elektrisiteit: Prysstygings bedreig volhoubaarheid van landbou

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die steeds stygende elektrisiteitskoste bedreig die volhoubaarheid van bekostigbare voedselproduksie. Dit is die waarskuwing wat Vrystaat Landbou (VL) aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) rig.

Dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, het Nersa toegespreek oor Eskom se voorgestelde planne om die elektrisiteitstarief verder te verhoog. Volgens Armour is dit onaanvaarbaar dat verbruikers in die algemeen die prys moet betaal vir die slegte bestuursbesluite van staatsondernemings en betalingsmisdadigheid deur munisipaliteite.

“Eskom se aansoek om pryse te verhoog, is ’n poging om die verlies van vorige jare te dek. Eskom het die beraamde vraag na energie oorskat, daarom het hy te veel geproduseer en moet dus die finansiële gevolge dra,” het Armour gesê. “Pleks daarvan om die verbruiker dood te laat bloei, moet Eskom en Nersa plaaslike regerings dwing om alle uitstaande elektrisiteitsrekeninge te betaal.”

Volgens hom is elektrisiteit ’n belangrike insetkostekomponent van intensiewe voedselproduksie, wat tot meer as 30% van Suid-Afrika se voedselproduksie bydra.

Besproeiingsboerdery, pluimvee, varkhokke, melkerye, tonnelproduksie en intensiewe vrugte- en groenteproduksie het alles aansienlike elektrisiteitskoste vir produksie. As ’n gemiddelde Vrystaatse boer byvoorbeeld een punt by sy huis het, een by sy werkershuise en een by ’n boorgatpunt vir die huishouding, personeel en besproeiing, betaal hy R6 000 in vaste Eskom-koste nog voordat hy elektrisiteit gebruik het. “Boere absorbeer gewoonlik insetkostestygings, wat lei tot strenger marges. Aangesien boere prysnemers is, sal hulle die stygende energiekoste absorbeer en sodoende word volhoubare en bekostigbare voedselproduksie bedreig.”

Volgens VL het Eskom se versuim om betroubare energievoorsiening te lewer, die verbruikersgedrag verander. ’n Keerpunt is reeds bereik waardeur alternatiewe energie meer ekonomies is. Indien die elektrisiteitsopwekkingsmark dus geopen sou word, sou boere en verbruikers elektrisiteit teen laer pryse kon bekom. Dit sal die volhoubaarheid en uitbreiding van voedselproduksie in Suid-Afrika verseker.

Nersa het versoek dat VL binne sewe dae feitelike inligting van sy lede moet verstrek rakende die gebruik, voordele en koste van alternatiewe energie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot