AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

En die Boer van die Jaar is...

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnre Arno Joubert, Cas Joubert, Pieter Bruwer, Gerrit Joubert, Thys Joubert van die ALS Groep. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Mnre Arno Joubert, Cas Joubert, Pieter Bruwer, Gerrit Joubert, Thys Joubert van die ALS Groep. Foto: Gerrit Bezuidenhout
Die Landbouskrywers van Suid-Afrika het sy nasionale wenners vir Boer van die Jaar, Landboukundige van die Jaar en Nuwe Toertreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar tydens ’n formele geleentheid op Nampopark in die Vrystaat aangewys.

Boer van die Jaar

Vanjaar se nasionale Boer van die Jaar is die ALS Groep wat op sowat 60 000 ha in vier provinsies boer. Die groep is vanjaar reeds aangewys as KwaZulu-Natal se Boer van die Jaar. Die boerdery produseer wit- en geelmielies, sojabone, koring en lusern, en plant ook weiding op 1 000 ha onder besproeiing en 3 500 ha droëlande.

Die groep besit sowat 10 000 stuks vee en wild en verskaf werk aan 780 huisgesinne. Die boerdery besit sy eie silo’s, droeërs en siftingstoerusting.

ALS Agri Noordwes bestaan uit ’n gediversifiseerde boerdery wat met wild, Dohne-Merino- en Meatmaster-skape op 3 500 ha naby Potchefstroom boer. Ekotoerisme is ook hier een van die bedrywe van die boerdery. ALS Agri Noord-Kaap bedryf ’n skaap-, vee- en wildvertakking, asook ’n jagonderneming, bouwerk en die verhuring van grondverskuiwingsmasjinerie.

Die ander finaliste in dié kategorie was mnr. Danie Bester van Mpumalanga, Mockford Farms van Polokwane in Limpopo en mnr. Andrew Masterson van Milagro Farm naby Oesterbaai in die Oos-Kaap.

Landboukundige van die Jaar

Vanjaar se toekenning vir Nasionale Landboukundige van die Jaar het gegaan aan ’n landboukundige as voorligter. Hier is mnr. Pieter Bruwer van Mpumalanga as Landbouskrywers SA Nasionale Landbouvoorligter van die Jaar bekroon.

Bruwer word alom beskou as ’n voorligter met die vermoë om teorie en praktyk in ’n werkbare oplossing vir boere te omskep. Bruwer het vanaf 1989 tot 2012 heeltyds met skape, vleisbeeste, mielies, sojabone, droëbone, koring, blomkool en raaigras geboer.

Hy is in 2016 aangestel as landboukundige by Langfontein Seeds op Wakkerstroom en het sedert sy aanstelling homself bewys as ’n kenner op die gebied van volhoubare landbou. Hy het ’n meestersgraad (cum laude) in volhoubare landbou aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Bruwer is tans besig met sy doktorsgraad in volhoubare landbou aan dieselfde universiteit.

Die ander finaliste in dié kategorie was mnre Rick Kleyn, ’n konsulterende diere-voedingskundige met ’n wye ervaringsveld in voermeule- en pluimveetoepassings, Martiens du Plessis, die hoof van presisieboerdery by die landboumaatskappy NWK, Dup Haarhoff, ’n landboukundige wat betrokke is by watersake en die hoof van landboukundige dienste by GWK asook Conrad Schutte, ’n wingerdboukundige wat 12 jaar gelede by die wynbedryfsliggaam Vinpro aangesluit het. 

Nasionale Toetreder tot Kommersiële Landbou

Die Nasionale Toetreder tot Kommersiële Landbou is mnr. Tshilidzi Matshidzula van die Oos-Kaap.

Landbouskrywers SA
Mnr. Tshilidzi Matshidzula en sy eggenote en dogter, me Everest Matsidzula en Wandi (links) en mnr. Vhuhwavho Matsidzula

Hoewel hy oorspronklik van Thohoyandou in Limpopo kom, het mnr. Tshilidzi Matshidzula die bestuur van die melkplaas Little Barnet, sowat 5 km van Alexandria in die Oos-Kaap, in 2005 oorgeneem. Hy is ’n 40%-aandeelhouer in Matshibele (Edms.) Bpk., die eienaar van die plaas waarop sowat 450 koeie gemelk word.

In 2016 het Little Barnet die Mangold-trofee van die Bathurst-bewaringskomitee ontvang en is Matshidzula ook as die Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar aangewys. In 2019 het Matshidzula en Oakleaf Agri ’n vennootskap aangegaan ten einde ’n nuwe melkery, Mountain Park, in Stutterheim op te rig. Mountain Park besit meer as 1 000 koeie in melk en vandag besit Matshidzula ’n aandeel van 5% in dié boerdery met die opsie om sy aandeelhouding tot 10% te vergroot.

Hy het in 2020 die Melkprodusente-organisasie (MPO) en Nedbank se Rentmeesterskapstoekenning ontvang en dien in die raad van die Oos-Kaapse Melkprodusente-organisasie en in die komitee van die Alexandria-suiwelstudiegroep. Matshidzula is ook betrokke by die opleiding van landboustudente.

Die ander finaliste in dié kategorie was mnre. Johnny Karolus, die bestuurder van Eyethu Intaba (die Donkerbos-boerdery se bemagtigingsprojek) van die Wes-Kaap en Kobela Mokgohloa van Gauteng, wat komkommers produseer op sy plaas Korema in die Winterveldt-landbouhoewes. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
+1.4%
Rand - Pond
22.10
+0.9%
Rand - Euro
19.50
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.98
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
984.60
+1.7%
Palladium
1,468.06
+1.4%
Goud
1,971.13
+0.4%
Silwer
23.59
+1.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,101
+0.3%
Alle aandele
76,708
+0.3%
Hulpbronne 10
67,491
+1.3%
Industriële 25
103,257
-0.1%
Finansiële 15
15,638
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot