AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Enige hoop vir 2018 se witmielieprys?

Dit maak sin om ‘n ton mielies wat klaar in die silo is, goedkoper te koop as om dit deur middel van saad en kunsmis te produseer, meen 'n markontleder.

Die vyfde oesskatting vir somergewasse is pas deur die Nasionale Oesskattingskomitee bekend gemaak. Die mielie-skatting is hierdie keer (genadiglik) onveranderd gehou. Sonneblomme en sorghum se opbrengste is effens verminder in vergelyking met die van die vorige maand, terwyl sojabone se verwagte oes met 8,7% opwaarts aangepas is. Grondbone se opbrengs is met sowat 5% verhoog.

Dit is ou nuus dat daar plaaslik te veel mielies, veral wit mielies is. Dit is nie altyd so duidelik hoeveel té veel die wit mielies is nie. In die volgende paragrawe word die verbruik van wit mielies opgedeel en stuk vir stuk van die aanbod afgetrek om sodoende by ‘n duideliker antwoord uit te kom.

Beginvoorraad

Volgens Sagis was daar op 31 April 2017 (die einde van die 2016/’ 17 mieliejaar) sowat 600 000 ton wit mielies in Suid-Afrika. Die 600 000 ton hierbo sluit egter ook aanplantings in wat vroeg genoeg gedoen is sodat dit voor 31 April 2017 ge-oes en gelewer is, maar ingesluit is by die huidige oesskatting. Hierdie hoeveelheid beloop ongeveer 400 000 ton. Daar moet dus 400 000 ton van die huidige oesskatting afgetrek word om dit nie dubbel te tel nie.

Ná gister se skatting van 9,4 miljoen ton is daar dus saam met die ou voorraad 9,6 miljoen ton wit mielies in Suid-Afrika.

Die menslike verbruik van wit mielies, plaaslik sowel as in die buurlande, was verlede jaar 4,9 miljoen ton. Wit mielies is tans ‘n groot winskoop in vergelyking met ‘n jaar terug, ‘n verbruikskatting van 5 miljoen ton vir 2017/’ 18 is sekerlik realisties. Nadat die streek se mense hul deel gekry het, is daar nou 4,6 miljoen ton wit mielies oor (9,6 minus 5 = 4,6).

Dierevoer

Gedurende die 2014/’15-bemarkingsjaar was wit mielies, soos vanjaar, ook heelwat goedkoper as geel mielies. Die dierevoer-mark het gevolglik in daardie jaar 1,5 miljoen ton wit mielies opgeneem. Indien dieselfde vanjaar gebeur, neem 4,6 miljoen ton wit mielies af tot 3,1 miljoen ton.

Elke ton mielies wat gestroop word, word nie gelewer nie. Dit is deel van die oesskatting, maar nie deel van Sagis se syfers nie. Hierdie mielies word gewoonlik vir dierevoer en veral vanjaar, ook gebruik om al die “bosmeulens” aan die gang te hou. Terughoudings kan, as wit mielies soveel goedkoper as geelmielies is, 200 000 ton beloop. Die 3,1 miljoen ton hierbo genoem verminder nou tot 2,9 miljoen ton.

Diepsee-uitvoere het goed begin met 69 000 ton wit mielies wat gedurende die afgelope twee weke na Kenia uitgevoer is. Dit bly egter die groot onbekende en sal uiteindelik die bepalende faktor vir toekomstige prysbewegings wees. Indien 800 000 ton (daar was al heelwat meer in vorige jare uitgevoer) wit mielies op hierdie manier verkoop kan word, verminder 2,9 miljoen ton tot 2,1 miljoen ton.

Eindvoorraad

Indien bogenoemde skattings realiseer, behoort daar aan die einde van April 2018 dus ongeveer 2,1 miljoen ton wit mielies in Suid-Afrika oor te wees. Daar is dus min twyfel dat daar vanjaar te veel wit mielies is, soos wat tans deur pryse gereflekteer word.

Die Julie 2018 witmielieprys verhandel tans net bo R1 900 per ton, wat steeds ‘n verliesprys vir produsente is. Wat moet in terme van witmielie-voorrade gebeur om hierdie prys na winsgewende vlakke toe te laat terugkeer?

Suid-Afrika en sy buurstate het ongeveer 5,5 miljoen ton witmielies vir 2018/’19 vir menslike verbruik nodig, waarvan 2,1 miljoen reeds deur die oordragvoorraad van die vorige seisoen opgemaak word.

Komende oes

Die komende oes se aanplantings moet dus sodanig wees dat dit ‘n oes van kleiner as 3,4 miljoen ton oplewer voordat die Julie 2018 witmielieprys weer sal begin styg. Hoe groot (of klein) moet aanplantings wees om ‘n oes van 3,4 miljoen ton of minder te realiseer?

Die vyfjaar gemiddelde opbrengs (vanjaar se 5,76 t/ha ingesluit) vir wit mielies is 4,14 ton/ha. Indien hierdie gemiddeld as opbrengs vir die komende seisoen gebruik word, moet witmielie-aanplantings 820 000 hektaar of minder beloop. Kan mielieboere so ‘n drastiese afskaling doen?

Afskaling van aanplantings

Mieliepryse het gedurende 2005'/06 ook tot onder die produksiekoste gedaal. Witmielie-aanplantings het as gevolg daarvan van 1,8 miljoen tot 1 miljoen hektaar afgeneem, ‘n daling van 45%. As produsente in die komende seisoen witmielie aanplantings ook met 45% afskaal, sal hulle 880 000 ha plant. Hoewel drasties, is ‘n afskaling tot 820 000 hektaar wit mielies glad nie vergesog nie.

Dit is al ‘n holrug geryde storie, maar produsente moet volgende jaar se oes koop, eerder as om dit te plant. Dit maak sin om ‘n ton mielies wat klaar in die silo is, goedkoper te koop as om dit deur middel van saad en kunsmis te produseer. Hou ‘n gedeelte van vanjaar se oes terug en verkoop dit eers in die volgende seisoen. Onthou, as jy jou eie mielies terughou, koop jy dit, al is dit by jouself.

• Johann Strauss is 'n markontleder.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot