Verwagte nat weertoestande vanaf Desember tot Februarie verhoog die gevaar van nóg ’n groot uitbreking van slenkdalkoors.
Boere moet vee betyds teen die siekte inent, waarsku die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
In ’n ernstige uitbreking verlede jaar het 8 800 diere aan die siekte gevrek en ’n verdere 3 600 vanaf Januarie tot Augustus vanjaar. Dit neem nie die rimpelverliesevan die siekte in ag nie.
Sowat 275 mense het die siekte opgedoen en 26 het gesterf, sê die departement.
Bo-normale neerslae verwag
Die departement waarsku in ’n verklaring dat die SA Weerdiens tot in Februarie La Niña-toestande in die land verwag met gepaardgaande bo-normale reënval.
Om te wag met inenting tot ’n uitbreking voorkom, kan nie beskerming waarborg nie omdat dit tot vier weke duur voor die entstof doeltreffende beskerming bied.
Lees die insiggewende artikels oor slenkdalkoors wat deur veeartse op landbou.com gepubliseer is. Klik hier en soek die afdeling oor Skape en bokke en kyk onder siektes.
19 Desember 2011