AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Estina: Beskuldigdes se voorverhoor begin op 30 Junie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Twee vennote van die Gupta-broers wat by die Vrystaatse Vrede-suiwelprojek betrokke was, se voorverhoor begin op 30 Junie in die streekhof in Pretoria.

Mnr. Kamal Vasram, voormalige direkteur van Estina, en sy medebeskuldigde, mnr. Salieh Indurjeeth, word van beweerde bedrog van R37,7 miljoen aangekla en het op 10 Mei weer in die hof verskyn. Die klagte hou verband met die Vrystaatse Vrede-suiwelprojek waarby Estina, die Gupta-verwante maatskappy, betrokke was.

Die aanklagte volg op ’n gesamentlike ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die ondersoekdirektoraat wat onthul het dat Estina doeane-uitklaringsdokumente ingedien het ter ondersteuning van ’n terugbetalingseis vir belasting op toegevoegde waarde. Vasram en Indurjeeth is vroeër vanjaar in hegtenis geneem en op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Volgens die nasionale vervolgingsgesag word Vasram en Indurjeeth beskuldig van bedrog en oortreding van afdeling 54(1)(A) van die Wet op Internasionale Handelsadministrasie (Wet 71 van 2002), asook die oortreding van regulasie 22 van die Wet op Valutabeheer (Wet 9 van 1933).

Daar is bevind dat die verklaarde waarde van meer as R37,7 miljoen vir ’n sogenoemde nuwe pasteurisasie-aanleg vermoedelik buitensporig hoog was. Die aanleg, wat van Indië ingevoer is, se faktuur aan Estina is gerig deur die maatskappy Gateway in die Verenigde Arabiese Emirate.

Kalam Vasram en Salieh Indurjeeth
Mnre. Kalam Vasram en Salieh Indurjeeth. Foto: Verskaf deur die NVG

Daar is bewyse dat die Guptas Gateway gebruik het as ’n kanaal vir geldwassery en om geld aan Suid-Afrika te onttrek.

Die staat voer verder aan dat die aangeduide waarde opsetlik en wederregtelik deur Estina en Vasram gebruik is om geld aan Suid-Afrika te onttrek tot nadeel van die belastingbetalende publiek.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot