AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Estina-beskuldigdes weer in hof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
’n Voormalige minister en Vrystaatse LUR vir landbou het Woensdag weer saam met amptenare en voormalige Gupta-direkteure in die Bloemfonteinse landroshof verskyn.

Die aanklagte teen hulle, wat bedrog en geldwassery insluit, spruit uit die grootskeepse korrupsie met die Estina-melkplaas by Vrede in die Vrystaat.

Die saak hou verband met R228 miljoen wat na bewering via die melkplaas na Gupta-maatskappye herlei is sonder dat die oorspronklike begunstigdes van die projek enige voordeel gekry het. Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het dié lys van begunstigdes as regverdiging gebruik vir die miljoene wat die staat in die projek belê het. Dit het egter net Estina, ’n maatskappy van die Gupta-familie, wat by die projek betrokke was, gebaat.

Mosebenzi Zwane, oudminister en Vrystaatse LUR vir landbou in die tyd toe die beweerde korrupsie plaasgevind het, Ronica Ragavan en Ugeshnie Govender, voormalige direkteure van ’n aantal Gupta-maatskappye, het saam met Peter Thabethe, voormalige hoof van die Vrystaatse departement van landbou, Seipati Dlamini, voormalige finansiële hoof, Kamal Vasram, direkteur van die Estina-suiwelprojek, en Takisi Janki Masiteng, voormalige hoofbestuurder van distriksdienste van die departement van landbou, verskyn.

Volgens Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het landdros Estelle de Lange die verhoor na die hooggeregshof in Bloemfontein oorgeplaas. Hulle sal hul eerste verskyning op 25 Januarie volgende jaar in die hooggeregshof maak. Sy sê die NVG het ook sy klagstaat aan die hof openbaar gemaak.

Zwane word beskuldig van korrupsie en bedrog, terwyl Ragavan en Govender van korrupsie en geldwassery aangekla word. Thabethe, Dlamini, Vasram en Masiteng staan onder meer op aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie tereg. Zwane is tans ’n parlementslid en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir vervoer.

Die Estina-melkplaas was veronderstel om vyf melkkoeie elk aan 100 opkomende boere te verskaf, maar miljoene rande belastingbetalersgeld wat daarvoor bewillig is, is in 2013 aangewend vir ’n spandabelrige troue van me. Vega Gupta, ’n susterskind van die omstrede Gupta-broers Atul en Ajay, wat ’n fortuin uit die staatskas betaal is danksy ’n onbehoorlike houvas op oudpres. Jacob Zuma.


Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.23
+1.6%
Rand - Pond
22.40
+1.1%
Rand - Euro
19.86
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.26
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.47
+1.4%
Palladium
1,445.40
+2.8%
Goud
1,963.74
+1.2%
Silwer
22.90
+2.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot