AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Estina-projek: OB se verslag kan nou lei tot strafbare klagte

akkreditasie
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Die openbare beskermer (OB) se jongste verslag oor die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat bring die hele aangeleentheid ’n stap nader aan strafbare klagte teen mnr. Ace Magashule, beleërde sekretaris-generaal van die ANC, en ander hooggeplaastes wat glo saam met hom by die projek betrokke was.

Dr. Roy Jankielsohn, leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, verwelkom veral adv. Busisiwe Mkhwebane, OB, se aanbeveling dat wetstoepassers spesifiek moet kyk na die rol van dié betrokkenes met die oog op strafsake. “Die DA het reeds klagte ingedien teen hierdie persone wat sy (die OB) in die verslag genoem het en ons hoop dit sal ons saak bevestig.”

Hy sê die verslag bevestig dat daar wanadministrasie en wangedrag was deur Magashule, wat toe premier van die Vrystaat was, die voormalige LUR’e me. Elzabé Rockman en mnr. Mosebenzi Zwane, asook die huidige LUR, me Mamiki Qabathe.

“In die tweede plek bevestig dit dat daar onreëlmatige invloed op hierdie politici was deur persone wat aan die Gupta-familie verbind was toe die Estina-projek begin is. In die derde plek bevestig dit dat die begunstigdes glad nie hul regmatige deel in die projek ontvang het nie. Só ’n projek het eintlik nie bestaansreg sonder begunstigdes nie.”

Volgens Jankielsohn verskil die nuwe verslag aansienlik van die aanvanklik verslag wat die DA op geregtelike hersiening geneem het. “Baie tyd het vir die begunstigdes van die projek verlore gegaan terwyl die OB geappelleer het teen die hersieningsuitspraak. Die verslag ondersteun nou die DA in die Vrystaat se huidige regsoptrede om te verseker dat die begunstigdes in die projek hul regmatige aandeel van 51% ontvang.”

Hy sê die begunstigdes is misbruik as die motivering om R380 miljoen oor ’n aantal jare vir die projek toe te ken.

Oor Magashule se rol het die OB sy volgehoue ontkenning, dat hy geen direkte verantwoordelikheid en kennis van die projek gedra het nie, as onrusbarend bestempel. Jankielsohn sê Magashule het dit ook bevraagteken dat die OB ’n verpligting op hom wou lê om korrupsie binne sy regering bloot te lê as daar geen wetlike verpligting daaroor op hom rus nie.   

“As hy nie ’n wetlike verpligting gehad het om korrupsie aan te meld nie, het hy op die minste ’n morele verpligting gehad. Dit was kenmerkend van Magashule se administrasie oor nege jaar sonder moraliteit. Dit het in ’n groot mate bygedra tot die armoede en ontberinge van die inwoners van die provinsie.”

Jankielsohn sê die OB se verslag sal nou ook in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê word vir verdere optrede teen Qabathe as LUR vir maatskaplike ontwikkeling.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
-0.9%
Rand - Pond
20.72
-0.3%
Rand - Euro
17.88
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Opsoek na nuwe avonture
Ek is spontaan en iemand wat nie bang is om die lewe ten volle te geniet nie. Is 'n verantwoordelike mens en stel ander se belange altyd op die hart. Is baie lief vir kos...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot