AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Estina-projek: Verdagtes verskyn binnekort in hof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Twee vennote van die omstrede Gupta-broers verskyn binnekort in die streekhof in Pretoria op aanklagte van bedrog van R37,7 miljoen.

Kamal Vasram, voormalige direkteur van Estina, en sy medebeskuldigde, Salieh Indurjeeth, verskyn 9 Maart in die streekhof in Pretoria in verband met beweerde bedrog van R37,7 miljoen. Die klagte hou verband met die Vrystaatse Vrede-suiwelprojek waarby Estina, die Gupta-verwante maatskappy, betrokke was.

Die saak is uitgestel vir die blootlê van die dossier, asook hul regsverteenwoordigers se finansiële instruksies en instruksies oor die meriete van die saak.

Luidens ’n verklaring deur die nasionale vervolgingsgesag word Vasram en Indurjeeth beskuldig van bedrog en oortreding van afdeling 54(1)(A) van die Wet op Internasionale Handelsadministrasie (Wet 71 van 2002), asook die oortreding van regulasie 22 van die Wet op Valutabeheer (Wet 9 van 1933).

Die aanklagte volg op ’n gesamentlike ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die ondersoekdirektoraat wat onthul het dat Estina doeane-uitklaringsdokumente ingedien het ter ondersteuning van ’n terugbetalingseis vir belasting op toegevoegde waarde.

Daar is gevind dat die verklaarde waarde van meer as R37,7 miljoen vir ’n sogenaamde nuwe pasteurisasie-aanleg vermoedelik buitensporig hoog was. Die aanleg, wat van Indië ingevoer is, is gefaktureer aan Estina deur die maatskappy Gateway in die Verenigde Arabiese Emirate.

Daar is bewyse dat die Guptas Gateway gebruik het as ’n kanaal om geld te was en geld aan Suid-Afrika te onttrek.

Die staat voer verder aan dat die aangeduide waarde opsetlik en wederregtelik deur Estina en Vasram gebruik is om geld aan Suid-Afrika te onttrek tot nadeel van die belastingbetalende publiek.

Die beskuldigdes is 31 Januarie in hegtenis geneem en op 1 Februarie op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.5%
Rand - Euro
18.42
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot