AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

EU stel verdoemende sitrusreël in

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Andries Groenewald
Ter illustrasie. Foto: Andries Groenewald
Die Europese kommissie se staande komitee vir plante, diereprodukte, voedsel en voer het ten gunste van ’n nuwe reël gestem waarkragtens lemoene uit lande soos Suid-Afrika en Zimbabwe voor verskeping by die uitvoerhawe afgekoel moet word.

Enkele dae nadat op die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlikse vergadering in Davos, Switserland, hard gedebatteer is oor die manier waarop sekere handelsmaatreëls as nie-tariefhandelsbeperkinge deur sommige lande misbruik word, het die Europese Unie (EU) geswig voor druk uit Spanje om koue sterilisasie verpligtend te maak vir sitrus uit lande waar valskodlingmot (Thaumatotibia leucotreta) voorkom.

Die Europese kommissie se staande komitee vir plante, diereprodukte, voedsel en voer het ten gunste van ’n nuwe reël gestem waarkragtens lemoene uit lande soos Suid-Afrika en Zimbabwe voor verskeping by die uitvoerhawe afgekoel word tot 5 °C, en dan vir 25 dae gedurende verskeping tot tussen -1 °C en -2 °C afgekoel word.

Teen 2023 sal daar dan ’n opsie wees om te kies tussen ’n protokol van 16 dae verkoeling teen tussen -1 °C en 0 °C grade of 20 dae teen tussen -1 °C en 2 °C.

Die huidige protokol in Suid-Afrika bied boere die opsie om te monitor vir larwes van valskodlingsmot in boorde en pakhuise om besmetting te voorkom.

In Maart het mnr. Deon Joubert, die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV) se gesant tot die EU, in ’n skrywe aan die vereniging se lede gewaarsku dat hierdie protokolle nie lewensvatbaar is nie. Dit sal die gehalte van baie van Suid-Afrika se lemoene belemmer, wat gaan maak dat verbruik afneem en voedselvermorsing toeneem. Uitvoerders én kleinhandelaars sal inkomste verloor.

Die nuwe protokolle sal waarskynlik ook die uitvoer van organiese en chemikalie-vrye sitrus in die wiele ry. Hierdie produkte sal nie die voorgestelde koue behandeling kan deurstaan nie. Dit sal ’n jammerte wees, sê Joubert, want daar was nog nooit ’n onderskepping vir valskodlingsmot op enige besending organiese of chemikalie-vrye sitrus nie. Daar is in Europa ook ’n groeiende behoefte aan sitrus wat omgewingsvriendelik verbou is.

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die SKV, sê die organisasie bestudeer die impak van die nuwe reël wat einde Junie in werking tree, en sal later kommentaar lewer.

Boelietaktiek

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboere-organisasie, sê hy sou graag wou sien dat die Wêreldhandelsorganisasie druk op die EU plaas om weg te doen met sulke nie-tariefhandelsperke.

“Ons het juis nou in Davos gepraat oor die noodsaaklikheid vir ’n tipe skeidsregter wat die fluitjie kan blaas en ’n rooi of geel kaart kan gee teen ’n land of handelsunie wat sulke reëls misbruik vir eie gewin.”

Spanje, wat met sy laat valencias met Suid-Afrikanse lemoene vir rakspasie in Europa moet meeding, was die groot dryfkrag agter die nuwe reël. Mnr. Luis Planas, Spaanse minister van landbou, het op Twitter gesê die nuwe reël is ’n groot stap vorentoe vir “ons produsente” en het die Europese kommissie vir sy werk bedank.

De Jager sê na sy mening is die bedreiging van valskodlingmot net nog ’n bangmaakstorie wat soos swartvlek gebruik word om Suid-Afrikaanse uitvoer na EU-lande te probeer beperk.

“Dít was die kern van die argument by die Wêreld- Ekonomiese Forum: dat maatreëls sonder wetenskaplike bewyse van bedreigings ingestel word om handel te beperk. Dit is gewoonlik ryk lande wat sulke reëls ten koste van armer lande instel.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.64
-0.2%
Rand - Pond
20.15
-0.4%
Rand - Euro
17.03
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,792.38
+0.2%
Silwer
20.66
-0.1%
Palladium
2,199.00
-2.0%
Platinum
942.00
-0.3%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons leer mekaar ken.......dan besluit ons
Rustige, ge-balanseerde, snaakse, betroubare, sagte, familie mens. Mal oor die buitelewe, foto's neem, 4x4 avonture, met my Land Cruiser Afrika tem, plaas seun, avontuur,...
Artist looking for inspiration
Persoonlikheid gewys is ek maar n plat op die aande vrou. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot