“Ons meen die afskaffing van BTW op hierdie snitte, wat arm en middelklashuishoudings die meeste koop, behoort deel te word van die meesterplan,” sê mnr. Francois Baird, stigter van FairPlay.
FairPlay gaan alle deelnemers aan die meesterplan aanmoedig om BTW-vrystelling deel van die plan te maak.
“Ons meen juis die plan moet hersien word, omdat dit tans lyk asof die pluimveebedryf gedwing word om sy verbintenisse na te kom, maar niemand anders nie. Dit is nie ’n meesterplan nie, dit is ’n slaafplan.”