AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Forel: Minister gee skiet, maar hofsaak gaan voort

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Forel is vir eers kwytgeskeld van die nuwe reëls vir 557 uitheemse indringerspesies wat deur die departement van omgewingsake, bosbou en visserye op 1 Maart in werking gestel is.

Me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, het vroeër kennis gegee dat dié lys spesies, waaronder reënboog- en bruinforel, van 19 Oktober 2020 af aan nuwe regulasies ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet vir Biodiversiteit (Wet 10 van 2004) moes voldoen.

Ná ’n vergadering met die akwakultuurorganisasie Aqua SA het sy ingestem om die sperdatum waarop die regulasies in werking sou tree tot 1 Maart vanjaar uit te stel.

Creecy het opdrag gegee dat ’n taakspan van die departement saam met Aqua SA na werkbare oplossings vir die forelbedryf soek. Ingevolge die huidige regulasies sal enigiemand wat foreleiers wil invoer, laat uitbroei of met forel wil teel ’n permit nodig hê. Dieselfde geld die vervoer en verskaffing, verspreiding of vrylaat van lewende forel.

Trout SA, ’n organisasie wat die belange van verskillende belanghebbendes in die forelwaardeketting verteenwoordig, waarsku dat dit die hele bedryf en die byna R10 miljard wat dit jaarliks tot die land se ekonomie bydra, in gedrang sal bring.

Creecy se brief waarin sy kort voor die sperdatum van 1 Maart aankondig dat forel vir eers nie by die lys van uitheemse en indringerspesies ingesluit word nie, word wyd verwelkom.

In die brief sê sy voorlopige terugvoer van haar amptenare dui op vordering in die gesprekke rondom oplossings wat die impak van die regulasies op die forelbedryf tot die minimum sal beperk.

Mnr. Ilan Lax, voorsitter van die federasie van Suider-Afrikaanse vlieghengelaars (Fosaf), sê hoewel Creecy nie in haar brief aandui hoe lank forel van die regulasies kwytgeskeld word nie, glo hy dit sal wees tot die onderhandelingsproses tussen haar taakspan en Aqua SA afgehandel is.

Hof moet sê

Fosaf gaan egter voort met ’n hofaansoek wat dié organisasie reeds in 2018 voor die Gautengse hooggeregshof gebring het waarin hy die wettigheid van die minister se voorneme bevraagteken. Die organisasie sê die departement het nie die regte stappe gedoen soos die wet vereis nie, en deur nie genoegsame inligting beskikbaar te stel nie ontneem die staat Suid-Afrikaners van hul reg op betekenisvolle deelname in die wetgewende proses.

“Ons het die minister aangeraai om nie die regulasies in werking te stel voordat die hof uitsluitsel oor die saak gegee het nie. Nou word regulasies afgekondig om ’n wet toe te pas wat deur die hof ongeldig verklaar kan word. Dit gaan net meer onsekerheid veroorsaak.”

Lax sê hoewel Fosaf die minister se toegewing op forel waardeer, gaan dit oor meer as forel. Fosaf hoop die saak sal binnekort in die hof gehoor word nadat die vorige hofdatum onbepaald uitgestel moes word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.31
+0.9%
Rand - Pond
21.14
+0.7%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,779.14
+0.6%
Silwer
22.46
+1.0%
Palladium
1,884.06
+0.4%
Platinum
998.50
-0.2%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,563
+0.0%
Alle aandele
74,703
+0.0%
Hulpbronne 10
74,320
-0.6%
Industriële 25
91,489
-0.0%
Finansiële 15
15,751
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot