AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Forel: Minister skop vas oor regulasies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jasper Raats
Foto: Jasper Raats
Dit maak vir hom nie sin dat me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, appelleer teen die onlangse hooggeregshofbeslissing in die guns van die federasie van Suider-Afrikaanse vlieghengelaars (Fosaf) nie, sê mnr. Ilan Lax, voorsitter van Fosaf.

Regter AJ Vorster het Fosaf onlangs in die Gautengse hooggeregshof gelyk gegee dat Creecy se departement nie die regte stappe gedoen het soos die wet vereis om sekere spesies tot indringers te verklaar nie. Vorster het bevind dat die departement nie genoeg inligting beskikbaar gestel het nie en dat dit Suid-Afrikaners van hul reg op betekenisvolle deelname in die wetgewende proses ontneem het.

Lax glo Creecy se appèl rus op presies dieselfde argumente wat haar voorganger, me. Edna Molewa, aangevoer het in haar appèl teen mnr. Johan Kruger en ander se suksesvolle aansoek teen die verbod op handel in renosterhoring. Hy kan dus nie sien hoe Creecy se appèl kan slaag as haar voorganger met dieselfde argumente misluk het nie.

Lax sê die minister se optrede druis in teen goeie regeringsbeginsels. Pleks dat sy die gebrek aan openbare deelname aanpak, probeer sy die hof se beslissing op tegniese gronde omseil.

Die departement se optrede raak nie net forel nie, maar ook ander dele van die natuurlewe-ekonomie. Bruin- en reënboogforel is net twee van die 557 sogenoemde indringerspesies wat van 19 Oktober 2020 af aan nuwe regulasies ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet vir Biodiversiteit (Nemba) moes voldoen.

Swak onderhoud

Lax sê die swak onderbou van Nemba lê aan die hart van die probleem, want daar is geen witskrif vir dié “kragdadige stuk wetgewing” nie. Sedert Nemba in 2004 gepromulgeer is, kon staatsamptenare dit toepas soos hulle goeddink omdat daar nie formele beleid was om die wet te rugsteun nie.

Om beleid te formuleer moet daar openbare deelname wees en Lax sê die onlangse uitspraak van die hooggeregshof wys hoe belangrik hierdie deelname is vir beleid om staande te bly wanneer dit in die howe uitgedaag word.

Wat hom bekommer, is dat groot stukke wetgewing en regulasies in Nemba op dieselfde manier as die lys van indringerspesies en die verwante regulasies tekort skiet.

Soortgelyke uitsprake kan dus verwag word as ander partye besluit om die departement hof toe te sleep met aansoeke soos die een wat Fosaf gebring het. Lax wys egter daarop dat Fosaf se doel nie is om hofsake te wen nie, maar om die regering te dwing om verantwoordbaar teenoor Suid-Afrika se mense te wees in die manier waarop hy beleid en wetgewing formuleer.

“Dit is ’n skande dat ons ons tot die howe moet wend om die regering te dwing om sy grondwetlike pligte na te kom,” sê hy. Fosaf sal die minister se appèl teenstaan, maar hoop steeds om eerder die saak om die onderhandelingstafel te besleg as voor die hof.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.35
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.40
+0.6%
Silwer
23.31
+0.7%
Palladium
1,918.41
+1.0%
Platinum
1,024.00
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot