Ten spyte van die hoogste totale produksie van sulfaatsuur, fosforsuur en mono-ammoniumfosfaat (MAP) oor die afgelope 19 jaar by sy myn in Phalaborwa, kon die staatsinstelling Foskor steeds nie genoeg produk aan Suid-Afrikaanse kunsmismaatskappye vir die produksie van kunsmis lewer nie.
Mnr. Riaan Rademan, besturende direkteur, sê produksie in die maatskappy se aanlegte, asook vervoerontwrigtings is slegs twee van die redes vir die maatskappy se onderproduksie en -lewering.
“Nadat ek in 2020 aangestel is met die doel om die maatskappy reg te ruk, het Foskor ’n driejaarplan in werking gestel. Eerstens is gekonsentreer op die verrykingsaanlegte waar sulfaatsuur, fosforsuur en mono-ammoniumfosfaat geproduseer word.