AFGRI
BEAN
20 Me
-
9822
0,00
CORN
20 Me
-
4913
0,00
SOYA
20 Me
-
8967
0,00
SUNS
20 Me
-
10776
0,00
WEAT
20 Me
-
8308
0,00
WMAZ
20 Me
-
4576
0,00
YMAZ
20 Me
-
4700
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Fred Mouton oorlede aan kanker

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Fred Mouton het hierdie selfportert in 2019 geteken.
Fred Mouton het hierdie selfportert in 2019 geteken.
Fred Mouton, Landbouweekblad se geliefde spotprenttekenaar vir bykans 46 jaar, is pas aan kanker oorlede.

Fred Mouton (74) was ’n besonderse mens met ’n besonderse talent as kunstenaar en een van daardie mense wat mens werklik as onmisbaar kan beskryf, sê Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, nadat hy die nuus verneem het dat Fred oorlede is. “ ’n Mens kan die redakteur van ’n tydskrif vervang, maar nie iemand soos Fred nie.”

Fred het in 1974 by T.O. Honiball as spotprenttekenaar oorgeneem. Soos Honiball het Fred ook aanvanklik bekendheid verwerf vir sy politieke spotprente in veral Die Burger. Hy het opleiding in tegniese tekeninge aan die Kaapse Technikon ontvang, maar ook talle illustrasies vir storieboeke en realistiese tekeninge geskets.

Burgess beskryf Fred as ’n unieke mens wat nie net briljant was in sy werk nie, maar ook ure lank as ’n kok van formaat oor braaivleisgeregte kon gesels, braai en ’n glasie whisky geniet. “Al was hy nie ’n plaasjapie nie, kon hy ’n tipiese Bolandse plaashuisie en talle ander ikoniese landboutonele vaslê soos geen ander nie.”

By Landbouweekblad het Fred met ses redakteurs in sy loopbaan saamgewerk.

Jean du Preez, een van hierdie voormalige redakteurs, beskryf hom as ’n reus – letterlik en figuurlik. In ’n profiel oor Fred sê Du Preez hy het nie net in ou taal ses voet sewe in sy nommer 13-skoene gestaan nie, maar as spotprenttekenaar ewe hoog uitgetroon.

“Maar ’n nederiger reus as dié kry jy nie maklik nie. As jy sou waag om die word ‘legende’ met Fred te verbind, sal hy jou blitsvinnig met ’n handswaai in ’n ander rigting stuur en sê kom ons los dit nou maar daar.

“Vir ’n vreemdeling kon Fred soms nors voorgekom het, maar vir vertrouelinge en naby vriende was hy presies die teenoorgestelde. Hy kon uit die bloute grappe opdis wat jou laat dubbeld vou het van die lag.”

Fred se spotprente is in drie boeke saamgevat: Heilige koeie en ander onheilighede, Van Zuma tot Zille en Laat daar lig wees, wat spruit uit beurtkrag. Hy is verlede jaar bekroon met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Markus Viljoen-medalje vir joernalistieke prestasie vir langdurige, hoogstaande werk in die Afrikaanse joernalistiek.

Hy word oorleef deur sy vrou, Annemarie, seun, Fritz, wat op pad is uit Australië, twee dogters, Annemarie en Marlien, asook twee kleinkinders, Ben en Lucy. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek soek iemand met wie ek kan gesels en dinge saam doen.
Ek hou van die natuur, kamp, visvang ek dans graag sokkie & boere musiek. Ek gaan kyk ook graag motor sport, lugskoue. Ek geniet ook die see. Ek kan kosmaak het nie n vrou...
Opsoek na my Camping partner
Ek is spontaan , het baie lus vir die lewe . Ek geniet mense , en is altyd daar om te help , ek voel in my hart ek is "1 of a kind".
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot