Die landbou is ten spyte van die nie-amptelike staat van beleg waaronder dit tans verkeer, weer die bedryf wat die sneller moet verskaf vir aksie. Die tyd vir stilbly oor die huidige dieregesondheidskrisis is egter verby.
Op Saterdag 13 Augustus vanjaar, toevallig ook my verjaardag, ry ek Ballito toe vir ’n paar dae ná my knievervanging. Ek sien daarna uit en die volgende dag begin ek voel of ek so effens ontspan.
Die volgende Maandag kom die nuus dat Suid-Afrika in lockdown is, dié keer nie weens covid-19 nie, maar as gevolg van bek-en-klouseer. My eerste gedagte is dat ek niks hieraan kan doen nie, maar net daarna tref die werklikheid.