AFGRI
BEAN
28 Okt
-
7210
117,00
CORN
28 Okt
-
3474
107,00
SOYA
28 Okt
-
7450
-5,00
SUNS
28 Okt
-
10670
78,00
WEAT
28 Okt
-
5840
40,00
WMAZ
28 Okt
-
3265
48,00
YMAZ
28 Okt
-
3405
60,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Gebrekkige permitte laat VS-veediewe se turf sit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Veediefstal operasie in die Vrystaat. Foto: Alani Janeke
'n Veediefstal operasie in die Vrystaat. Foto: Alani Janeke
Veediewe wat doodluiters gesteelde diere sonder permitte op Vrystaatse paaie vervoer, sal in die vervolg dalk twee keer dink.

In die eerste optrede in sy soort het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die provinsie ses mense in hegtenis geneem wat nie veeverwyderingspermitte korrek voltooi het nie. Die optrede op Saterdag 2 Oktober in die distrik Fouriesburg het groot lof van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) ontvang.

Volgens me. Isabel Kruger van die veediefstalvoorkomingsforum van die RPO in die Vrystaat, is dit die eerste keer dat die SAPD direkte inhegtenisnemings ingevolge artikel 8 van die Wet op Veediefstal uitgevoer het, wat tot skuldigbevindings in die hof gelei het.

Die ses is vasgetrek tydens ’n gesamentlike operasie deur die eenheid vir sigbare polisiëring, die veediefstaleenheid van Fouriesburg, die departement van binnelandse sake en die nasionale vervolgingsgesag (NVG). Die oortreders is ’n boete opgelê wat hulle moes betaal, en hulle sal volgens mnr. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, ook voortaan ’n misdaadrekord hê.

Le Roux het die polisie, die NVG en die departement van justisie bedank vir die vinnige manier waarop die oortreders aangekla en gevonnis is. “Dit is ’n bewys dat die strafregstelsel baie vinnig kan reageer en dat daadwerklike optredes deur die polisie tot gunstige resultate lei.”

Volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder by VL, sal dié polisie-optrede en die vinnige vonnisoplegging ’n goeie boodskap uitstuur na voornemende oortreders wat nie die wetgewing rakende die besit en vervoer van vee op openbare paaie nakom nie.

Vrystaatse boere is raadop oor die skerp styging in veediefstal in die provinsie die afgelope aantal jaar en pleit reeds lank dat daar meer daadwerklike optrede van die polisie se kant moet wees. Van 1 April tot 30 Junie vanjaar het veediefstal in die Vrystaat met 5,7% toegeneem vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Altesaam 48 meer sake is in dié tyd aangemeld, luidens ’n opname deur VL.

“Hoë sigbaarheid van die polisie en boerderygemeenskappe in landelike gebiede ten opsigte van verdagte bewegings in hul gebiede is belangrik. Boerderygemeenskappe moet ook meer by patrollies betrokke raak, inligting deurgee en skakel met die veediefstaleenhede en die landelike veiligheidskoördineerder van die polisie,” sê Buys.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.09
-0.2%
Rand - Pond
20.77
-0.3%
Rand - Euro
17.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.34
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,801.99
+0.3%
Silwer
24.13
+0.3%
Palladium
1,986.03
+1.1%
Platinum
1,021.31
+0.9%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
+0.5%
Alle aandele
67,475
+0.5%
Hulpbronne 10
63,082
+1.1%
Industriële 25
87,253
+0.4%
Finansiële 15
14,054
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Curiosity killed the cat thank f im not a cat
Want ek is chilled like sunday mornings en nie hier vir onplesier. Wees net rustig en geduldig en wees vol humor
Tyd vir n nuwe begin om te blom
Roosknop wat reg is om weer te blom en die lewe en natuur aan te pak met nuwe oë en liefde
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot