AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Gee aandag aan foutlyne wat landbou beperk, vra Purchase

akkreditasie
Dr. John Purchase. Foto: Verskaf
Dr. John Purchase. Foto: Verskaf
Covid-19 het gewys hoe veerkragtig die Suid-Afrikaanse landbousektor is, maar dit het ook ’n paar foutlyne onthul wat dringend aandag moet kry, het dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz, gesê.

Hy is voorsitter van die ekonomiese werkstroom in die pandemie-reaksiespan wat aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, verslag doen.

Op die oog af lyk dit asof die Suid-Afrikaanse landbou nie so hard getref is as baie ander Suid-Afrikaanse bedrywe nie, het Purchase op ’n landbou-webinaar van Nedbank gesê. “Maar ons moet besef langdurige droogte, die uitbreking van siektes en voortdurende beleidsonsekerheid het ons sektor reeds vóór die uitbreking van Covid-19 op die agtervoet gesit.”

Agbiz het reeds in Desember voorspel die landbou-ekonomie kan vanjaar met 10% groei, toe dit duidelik geword het dat ’n goeie someroes verwag word. Gewasse soos tafeldruiwe, sitrus en sagtevrugte se vooruitsigte lyk ook baie goed. “Maar dis ’n ander storie in die sektor wat landbouprodukte verwerk, en ook in die kleinhandel, waar verkope ontwrig is deur inperkingsmaatreëls en groei waarskynlik sal inkrimp.”

Purchase het gesê landbouprodukte wat nie deel van die voedselsektor is nie, was in ’n stryd gewikkel teen die aanvanklike inperkings, veral tabak, wyn, wol en bokhaar. “Vanuit ’n landbouperspektief wil ons die verbod op tabakverbruik so gou as moontlik opgehef kry en verkope weer aan die gang kry.”

Logistieke ontwrigting

Daar is groot logistieke probleme by die land se hawens, waar die kapasiteit aan bande gelê is deur maatreëls teen die virus. Purchase het gesê dit het dadelik ’n groot verstopping veroorsaak. “Die regering het geluister na ons pleidooie sodat ons die hawens verder kon oopstel. Maar ons het steeds enorme beperkings. Die Kaapstadse hawe word op die oomblik net teen sowat 35% van sy vermoë en Durban teen 67% bedryf. Soos dit is, bly ons net-net by. Enige verdere ontwrigtings sal verreikende gevolge hê.”

Hy het gesê die span is voortdurend in gesprek met die regering om bewustheid oor die kwessie te verhoog en dien voorstelle in om die hawens meer funksioneel te maak.

Die grootste ontwrigting weens die pandemie was aan die vraagkant van die landbouwaardeketting. Purchase het boere aangeraai om hul markte fyn dop te hou vir tekens van verandering of vir moontlike geleenthede “Hoewel vooruitsigte vir die uitvoermark steeds gunstig lyk, veral vir sitrus, en die aanvraag vir ons produkte betreklik goed is, verg dit grootskaalse samewerking tussen die regering en die ander belanghebbendes om te verseker dat ons voortgesette toegang tot die markte het en vorentoe kan uitbrei.”

Plaaslike aanvraag na die proteïenprodukte wat deur die kitskos- en restaurantsektor beweeg het, asook bederfbare produkte en sommige groente soos aartappels het tydens die pandemie ingekrimp tot van 80% tot 90% van die algemene aanvraag. “Ten minste is die sektor nou gedeeltelik oopgemaak en dit behoort aanvraag te stimuleer.”

‘Bene afgesny’

Een faktor wat volgens Purchase deur almal onderskat is, is die wyse waarop die inperkingsmaateëls toegang tot landbouprodukte aan die arm gemeenskappe afgesny het. Hy het dit as een van die grootste knelpunte van die pandemie beskryf.

“Rofweg 40% van die verspreiding en verkope van kos in Suid-Afrika word gedoen deur die informele sektor, die sogenoemde bakkie-handelaars en groentesmouse op die straathoeke. Hierdie is in werklikheid ’n baie doeltreffende stelsel en dit skep geleenthede vir kleinsakeontwikkeling. Toe die inperking afgekondig is, het ons die bene van hierdie verspreidingstelsel en verkoopnetwerk afgesny.”

Oor die pad vorentoe ná die pandemie, het Purchase gesê dis nog onseker wanneer die krisis verby sal wees. “Epidemioloë waarsku die hoogtepunt van die virus kom in Augustus of September en ons ekonomiese herstel sal waarskynlik eerder ’n U-vorm aanneem as ’n vinniger V-vorm.”

Hy het gesê daar is ’n hersiene meesterplan nodig om van die virus-impak te herstel en om die landbou te posisioneer vir die pad vorentoe. “Ons moet kyk na die strukturele kwessies wat ons groei en belegging op langer termyn aan bande lê, soos die tekort aan likiditeit wat finansiering vir die sektor beperk, waterskaarsheid, die vervoerinfrastruktuur, gebrekkige elektrisiteitsvoorsiening en die regulatoriese omgewing, veral grondhervorming en maniere om handel optimaal aan die gang te kry. As ons hierdie beperkende faktore kan ophef, kan dit daartoe lei dat van 60 000 tot 80 000 werkgeleenthede per jaar geskep word, en ’n bykomende R10 miljard tot 15 miljard tot die bruto binnelandse produk voeg.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.01
+0.9%
Rand - Pond
20.36
+0.8%
Rand - Euro
17.60
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.38
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,751.56
+0.6%
Silwer
21.30
+1.7%
Palladium
1,843.00
-0.3%
Platinum
1,005.00
+1.2%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot