AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Geld is skaars by Royal-karkaskompetisie

akkreditasie
Die Landbouweekblad-karkaskompetisie op die Royal-skou in Pietermaritzburg, die grootste karkaskompetisie in Suid-Afrika, het uitmuntende karkasse opgelewer, maar die koopkrag was nie dieselfde as verlede jaar nie.

Die wenkarkas in die skaapafdeling, ’n Wit Dorper wat ’n telling van 98,18% behaal het, is deur mnr. Gert Lotter van Aberdeen geteel. Die Oysterbox-restaurant het dié karkas op die veiling teen R180/kg gekoop.

Die Royal-skou het vyf jaar gelede ’n nuwe kategorie geskep om die hoëvetbelading van die Europese karkasse hul eie kategorie in die kompetisie te gee. Me. Regina Harmse van Ermelo het hierdie kategorie gewen met haar Ile de France-lam wat ’n punt van 93,76% behaal het. Die Oysterbox-restaurant was ook die hoogste bieër met R240/kg.

Mnr. Wayne Coetzer, algemene bestuurder van die Oysterbox, sê die laer pryse was ’n groot verrassing.

“Ons was bereid om dieselfde prys as verlede jaar te betaal toe ons Regina se Ile de France-karkas teen R1 350/kg aangekoop het. Ons sal nou maar ’n goeie bottel whiskey gaan koop,” het Wayne ná die veiling opgemerk.

Mnr. Gert Lotter van Aberdeen, wat die karkaskompetisie met ’n Wit Dorper-karkas gewen het. Foto: Johan van der Merwe
Van links is mnr. Wayne Coetzer, algemene bestuurder van die Oysterbox-restaurant, me. Regina Harmse van die Ile de France-stoetery RCH en mnr. Kevin Joseph, hoofsjef van die Oysterbox-restaurant. Foto: Johan van der Merwe

Harmse was verras dat sy ’n hoër prys verdien het as Lotter met sy Wit Dorper-karkas. Volgens Lotter, wat nie verlede jaar op die Royal-skou was nie, is dit goed om terug te wees en wéér as die wenner uit die stryd te tree, soos die vorige twee jaar toe hy deelgeneem het. “Ek is egter nie verras deur die laer pryse nie. Geld is oral skaars vanjaar.”

Die beesafdeling van die kompetisie is oorheers deur nuwe deelnemers. Ses Bonsmaratelers van Vryburg het as die Vryburg-beesstudiegroep ingeskryf en met al die pryse weggestap. Die wenkarkas, wat ’n punt van 94,63% behaal het, is ook deur die Oysterbox gekoop teen R70/kg.

Die wenvarkkarkas, van PIC-genetika, is deur die NHELC-boerdery van New Hanover, KwaZulu-Natal, ingeskryf. Dit het ’n punt van 94,91% behaal en is deur Oysterbox teen R60/kg aangekoop. Altesame 190 speenkalwers en 133 lammers is vir die kompetisie ingeskryf. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.22
-0.2%
Rand - Pond
21.10
-0.4%
Rand - Euro
18.18
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.64
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,792.67
+0.2%
Silwer
23.03
-0.2%
Palladium
1,930.50
0.0%
Platinum
1,004.00
-0.5%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,617
+0.5%
Alle aandele
74,808
+0.5%
Hulpbronne 10
73,497
-0.4%
Industriële 25
92,749
+1.1%
Finansiële 15
15,569
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Soek ñ maat
Ek is ñ gemaklike persoon. Hou van humor. Soek niks ingewikkeld nie . Ek hou van oefen, gym bietjie en stap graag . Lekker om saam met vriende te kuier. En Wil saam dinge down.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot