Suid-Afrika is geruime tyd terug deur die finansiële aksietaakmag (FATF) gewaarsku oor die moontlikheid om ’n erkende reputasie as veilige hawe vir geldwassery en terrorisme-finansiering te kry.
Lande word op die sogenaamde “gryslys”, waarop Suid-Afrika se naam nou pryk, geplaas indien FATF, wat in 1989 gestig is, ernstige gebreke merk in beleide en stelsels wat veronderstel is om geldwassery en die finansiering van terrorisme te bekamp. Sanksies deur finansiële instellings staar hierdie lande in die gesig omdat hulle gesien word as veilige hawens vir geldwassery en die finansiering van terrorisme.
Daar is ook ’n “swartlys”. Iran, Mianmar en Noord-Korea is op dié lys omdat hulle ernstige strategiese tekortkominge het as dit kom by die bekamping van geldwassery, terreurfinansiering en die finansiering van terrorisme.